kategorieë: WenkeSkoonheid

Toets jouself: Wat is jou parfuumpersoonlikheid?

Toets jouself: Wat is jou parfuumpersoonlikheid? deur Suzanne Kotzé. Foto: Kristina Stojilkovic. Hare en grimering: Cheryl Parker. Model: Rachel. Foto’s in artikel: Corné Greeff.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Doen die toets om uit te vind wat jou parfuumpersoonlikheid is

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat sê jou parfuumpersoonlikheid oor jou?

Het jy hierdie toets geniet? Voltooi dan ons Valentynsdag-uitrusting-toets!

Stylikoon

Jeugdige vroue (in ouderdom of gees) en modebewustes kies fyngeure van bekende modehuise.

Foto: Corné Greeff

  1. “Vrygeestig, ongetemd, glansryk, reëlbreker en ’n moderne prinses.” Dis hoe die Franse modehuis vroue beskryf wat Lanvin, Modern Princess (R995 vir 90 ml, slegs by Foschini) se vrugtige blommegeur dra.
  2. Die vrugtige (waatlemoen, bessies en peer) blommegeur (jasmyn en kanferfoelie) van Juicy Couture Oui Juicy Couture EDP (R1 390 vir 100 ml, R1 040 vir 50 ml en R760 vir 30 ml) wil jou inspireer om “ja” te sê vir dit waarin jy glo, asook vir die liefde, avontuur en jou edgy gees.
  3. Wie wil nie die mooi skoen op haar spieëltafel hê nie? Good Girl Légère (R985 vir 30 ml, R1 415 vir 50 ml en R1 900 vir 80 ml) is die ligter en meer blommerige weergawe van die oorspronklike Carolina Herrera New York Good Girl, ’n blommerige, Oosterse gourmand-geur.
  4. Die vars blommegeur van Cartier Carat EDP (R1 015 vir 30 ml, R1 460 vir 50 ml en R1 980 vir 100 ml) is die geurinterpretasie van ’n diamant.
  5. Daisy-liefhebbers versamel reeds vanaf 2007 die bottels en nou is daar ’n nuwe een: Marc Jacobs Daisy Love EDT (R1 205 vir 50 ml en R1 585 vir 100 ml). Die sprankelende gourmand-geur met vars blomme, hout en muskus is vroulik en jeugdig, maar tog gesofistikeerd.
  6. Die Intense Eau de Parfum (R1 090 vir 30 ml, R1 525 vir 50 ml en R1 785 vir 75 ml) is die jongste toevoeging tot die Kenzo World-fyngeure. Swartpruim, pioenrose, jasmyn en vanielje is by die kenmerkende blommegeur gevoeg.

Ambisieus

Ongewone geurkombinasies maak selfversekerde en onkonvensionele stellings.

Foto: Corné Greeff

  1. “Moenie my ’n dame noem nie, noem my koningin,” is die slagspreuk van Paco Rabanne Pure XS Eau de Parfum For Her (R845 vir 30 ml, R1 225 vir 50 ml en R1 575 vir 80 ml). ’n Uitdagende Oosterse blommegeur met ongewone geurkombinasies (note van ilang-ilang, springmielies en sandelhout).
  2. Viooltjies en koffie is die ongewone kombinasie wat aan Dolce & Gabbana The Only One EDP (R1 440 vir 50 ml) ’n kenmerkende blommerige geur gee. Vroulik, gesofistikeerd en trek aandag.
  3. Streef “nuwe feminisme” na op ’n moeitelose, selfversekerde wyse. Zadig & Voltaire Girls Can Do Anything EDP (R835 vir 30 ml, R1 220 vir 50 ml, R1 615 vir 90 ml) word beskryf as ’n nuwe “fougère” sonder die kenmerkende laventel.
  4. New York se energie, ambisie en avontuur gesien deur die oë van ’n vrou wat haarself wil bewys, is die inspirasie vir Elizabeth Arden My Fifth Avenue EDP (R995 vir 100 ml, R795 vir 50 ml en R625 vir 30 ml). “Blomme-osoon” is een van die interessante note, gemeng met sitrus, muskus, hout en sederhoutolie.

Lewenslustig

Sitrus gemeng met blomme, skep heerlike vars geure.

Foto: Corné Greeff

  1. Aanhangers van die kenmerkende appel-en-sederhout-geur van Dolce & Gabbana Light Blue en wat lus is vir ’n varser, vrugtiger en meer sprankelende sitrusgeur, moet vinnig spring vir dié beperkte uitgawe. Italian Zest Pour Femme EDT (R1 560 vir 100 ml).
  2. Vou jou toe in die hart van geluk, is hoe Elizabeth Arden Sunflowers Summer Air (R445 vir 100 ml) beskryf word. Sitrus, blomme en houterige muskus vang die oomblik vas waarin die geel blare van sonneblomme in die wind waai.
  3. Die bekende aromatiese sitrusgeur van Rochas Paris Eau de Rochas EDT (R1 410 vir 100 ml, R1 010 vir 50 ml) bly baie gewild.
  4. Die strand net ná sonsopkoms is die inspirasie vir die vars, blommerige geur van Jennifer Aniston Beachscape EDP Fine Fragrance Mist (R425 vir 30 ml, slegs by Clicks).
  5. Die bekende Dior-parfumeur, Francois Demachy, is aangesê om geluk in ’n bottel vas te vang. Hy sê die sitrusblommegeur is ’n uitdrukking van die gevoel van geluk deur ’n olfaktoriese interpretasie van lig. Dior JOY Eau de Parfum (R1 145 vir 30 ml, R1 620 vir 50 ml en R2 275 vir 90 ml).

Romantiese dromer

Jy hou van vroulike blommegeure, soos rose en/of jasmyn.

Foto: Corné Greeff

  1. ’n Roos wat soggens blom, was die inspirasie vir die speseryerige blom-en-sitrusgeur van Azzaro Pour Elle Eau de Toilette (R950 vir 75 ml). Dis ’n sagter geur as die oorspronklike fyngeur.
  2. Mon Guerlain Eau de Parfum Florale (R1 720 vir 50 ml) is ligter en varser as die oorspronklike en ruik na ’n bos wit blomme met pioenroos, jasmyn, laventel en vanielje.
  3. ’n Feestelike geur. Eksotiese blomme, sitrus en vanielje skep die vars blommegeur van Bulgari Omnia Pink Sapphire Eau de Toilette (R740 vir 25 ml, R1 100 vir 40 ml en R1 320 vir 65 ml).
  4. Peer, pynappel, geroosterde pistasieneute, ilang-ilang, jasmyn en ’n lemoen-en-amandel-geur skep die sprankelende, vroulike geur van Elie Saab Girl of Now Shine EDP (R845 vir 30 ml, R1 340 vir 50 ml en R1 815 vir 90 ml).
  5. Oscar de la Renta Bella Blanca EDP (R1 410 vir 100 ml, slegs by Dis-Chem) is ’n elegante blommegeur met peer en groen blare saam met jasmyn, roos, lemoenbloeisels en soetemaling en ’n basis van romerige hout en muskus.
  6. Valentino Donna For Her Eau de Parfum (R1 005 vir 30 ml, R1 430 vir 50 ml en R1 985 vir 100 ml) is ’n chypre-blommegeur met bergamot, Bulgaarse roos, iris, patsjoelie, leer en vanielje.
  7. Teeroos, jasmyn en katjiepiering is van die blomme wat jy ruik in Coach Floral EDP (R1 505 vir 90 ml, R1 205 vir 50 ml en R805 vir 30 ml).
  8. Paryse sjiek word gevier met die speelse en vars vrugtegeur van Mademoiselle Rochas Paris Eau de Toilette (R710 vir 30 ml, R910 vir 50 ml en R1 110 vir 90 ml).

Verleidelik en sensueel

’n Vermenging van sensuele wit blomme, patsjoelie, vanielje, hout en speserye is ’n goeie kombinasie vir jou.

Foto: Corné Greeff

  1. Britney Spears Prerogative EDP (R685 vir 100 ml, R585 vir 50 ml, R485 vir 30 ml) word as ’n Oosterse hout–en-amber-geur met ’n tikkie gourmand beskryf.
  2. Narciso Rodriguez beskryf sy nuwe fyngeur, Narciso Rouge EDP (R895 vir 30 ml, R1 425 vir 50 ml en R1 915 vir 90 ml) as sexy en passievol. Die kenmerkende muskushart van die oorspronklik fyngeur is met Bulgaarse roos, iris en ’n amber- en houtbasis verryk.
  3. Yves Saint Laurent Black Opium The Glow EDT (R1 230 vir 50 ml). ’n Warm, speseryerige en soet gourmand-geur met swart koffie, lemoenbloeisels, sederhout en patsjoelie. Net reg vir die vrou wat van die onverwagse, pret en passie hou.
  4. Hugo Boss The Scent For Her EDT (R735 vir 30 ml, R990 vir 50 ml en R1 370 vir 100 ml). Lig maar sterk met boonste note van elegante pienkpeper en sitrus, middelnote van vroulike kammetjie en lemoenbloeisels en verleidelike, donker geroosterde kakao as basisnote.
  5. Women Secret Gold Seduction EDP (R455 vir 100 ml). ’n Verleidelike blommegeur met geure van sitrus, rooi bessies, blomme en hout.
  6. Braambessies, Bulgaarse roos en patsjoelie-olie gemeng met aromatiese plant- en houtgeure skep die nie-tradisionele en vrugtige chypre-geur van Gucci Guilty Absolute Pour Femme EDP (R1 005 vir 30 ml, R1 395 vir 50 ml en R1 840 vir 90 ml).
  7. ’n Passievolle nag in Rome was die inspirasie vir die nuwe weergawe van Bulgari Goldea The Roman Nights. Jy ruik swartpruim, lemoenbloeisels, jasmyn, vanielje, patsjoelie en muskus in die nuwe Absolute EDP (R1 735 vir 75 ml, R1 450 vir 50 ml en R965 vir 30 ml).
  8. Rooi bessies, wit blomme en vanielje skep ’n verleidelike, warm geur vir Yardley London Gorgeous at Midnight EDP (R259,95 vir 30 ml en R349,95 vir 50 ml).
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

17 hours Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

17 hours Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

18 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

18 hours Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

20 hours Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.