Die sleutel tot ’n suksesvolle oefenroetine en ’n gesonde liggaam lê by die verstaan van jou lyf se behoeftes. Die gesondheidsklub, Planet Fitness, se InBody Assessment is een van die eerste toetse in die land wat jou help om jou liggaam te verstaan. Dié toets speel ’n groot rol in jou oefenprogram.
Dit werk so
Die Inbody-toets bied ’n omvattende uiteensetting van jou liggaam. Dit toets jou water-persentasie, liggaamsvet, spierdigtheid en gewig. Al hierdie aspekte is belangrik vir jou gesondheid en dit is nodig dat jy weet wat jou telling is.
Die toets is geskik vir almal, behalwe vir diegene wat ’n pasaangeër of elektriese inplanting het. Vroue wat menstrueer word ook streng aanbeveel om nie die masjien te gebruik nie. Jy mag nie eet of drink voor jy die toets ondergaan nie, jy moet ook nie oefen, ’n warm stort neem of ’n sauna gebruik nie – dit alles twee ure voor die tyd.
Die toets sal vir jou ’n baie duidelike aanduiding gee van waarop jy moet fokus, of jy gewig moet verloor of spiermasma optel, plus die instrukteur wat jou met die toets help, sal vir jou raad gee oor wat die beste soort oefening vir jou is.
Vir meer inligting oor Planet Fitness, skakel 0861 496 463.
Besoek www.planetfitness.co.za vir meer besonderhede of volg Planet Fitness op sosiale media:
Twitter.com/PlanetFitnessZA
Facebook.com/ThePlanetFitness
Instagram.com/planetfitnessza