“Jy het wát? Jý? Monk?!” vra ’n vriend nou die ander dag toe ek hom bel om geluk te wens met sy verjaardag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Einste vriend laat nooit die kans verbygaan om my te spot oor ’n verjaardagpartytjie vyf jaar gelede in ons huis waar ek glo heelaand met ’n kombuislappie gestaan en toonbank afvee en opruim het agter die gaste aan nie. Ek is glo erger as Adrian Monk, die obsessief-kompulsiewe kiemverskrikte speurder van TV-faam.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Dié dat hy hom die jongste verwikkeling in die Genadehuis glad nie kan indink nie:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ons het weer ’n baba in die huis.
Maar, anders as mensbabas wat op ’n paar weke oud nog fisies redelik stil lê, is ons nuwe baba soos ’n klein tornado: As sy nie plek-plek baie water veroorsaak nie, is sy soos ’n warrelwind deur die huis en saai verwoesting.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lilly Genade is ’n spanjoel en nou 9 weke oud.
Dié dierasietjie is die ene pote en ore en behalwe die tye wat sy slaap, is sy stertswaaiend verheug elke liewe oomblik van die dag.
Hulle beweer ’n mens weet jy is gereed vir kinders as jy ’n hond groot gemaak het. Wel, ek is al bykans ’n dekade lank die ma van mensekinders en moet eerlik sê dat ek met die aankoms van die nuwe baba ’n paar dae aan bomskok gely het.
Ek was nie al een nie. Die twee bejaarde katte het gevlug en geblaas en hulle repertoire aansienlik vergroot: Een ween by tye soos die bure se Husky. Die ander een grom soos ‘n grassnyer.
Dit is seker net ’n wonder dat die konyne nog nie vanuit hulle hok laat hoor het “Yeah, whatsuuuup, Doc!” nie.
Om dit ligtelik te stel: Die huisroetine is sedertdien effens versteur.
Lilly het binne ’n week geleer om te tjank en deur toe te hardloop bedags as die nood druk – wat heel gaaf werk solank daar iemand in dieselfde vertrek as sy is.
As ek êrens heen moet ry, word sy vir eers met haar mandjie, al haar speelgoed, kos, water en byderwetse plaslappie (’n winskoop teen R6,90 een) in die badkamer toegemaak. Daar was tye in die eerste week wat ek oorweeg het om die badkamer na só ’n uitstappie eerder aan die brand te steek – darem nie met haar daarin nie – as om dit op te ruim. Na ’n week is daar darem al ’n aansienlike verbetering.
Snags lol dit maar met die noodplan, want daar is ’n alarm, ’n hoë stel trappe en ’n deur en ’n hek of twee waardeur sy moet knyp tot by die gras. En, meestal slaap ons salig onbewus van haar gekriewel op die kamervloer – met die gevolg dat ons die noodmaatreël moes instel dat die kinders hulle kamerligte en die ganglig aanskakel as hulle in die nag opstaan sodat landmyne betyds geïdentifiseer word.
Die kinders is natuurlik in die wolke oor die nuutste toevoeging tot die gesin. My dogtertjie beweer dat sy “al amper agt jaar vra vir ’n hondjie” – al word sy eers volgende maand agt. Haar ouboet het egter die nuwe baba se hart gesteel en oral waar hy stap, het hy ’n bewonderende stertjie.
Daar is egter ’n klompie dinge waaroor ons al jare wonder vir “as ons eendag dálk ’n hond sou kry…”, wat nou baie vinnig moet gebeur.
Soos die heining wat skielik beveilig moet word sodat die swaaiende ore en stert nie daardeur kan glip nie.
Soos, wat maak ons as ons ’n aand of naweek weggaan? Na jare tussen buurhonde wat hartverskeurend ween sodra hulle eienaars Kaap of kafee toe ry, is ek nie baie geneë om ’n vierpootfamilielid in die tuin te los as ons nie hier is nie. Daar was boonop die laaste tyd ’n paar gevalle van honde wat uit erwe gesteel word.
’n Dierehotel is ’n moontlikheid, maar soos dit met swanger ma’s gaan wat gevraagd en ongevraagd raad kry oor babasorg, het ons al heelwat kommentaar oor die beskikbare plaaslike diereverblyf moes aanhoor. Intussen hou ek boek van al die buurmanne wat verbystap as ons met haar in die tuin speel en sê hulle sal enigetyd die hondjie oppas. Stuur julle kalenders, kêrels!
Min het ek wel kon raai hoe vinnig hierdie klein logistieke uitdaginkie met haar hondeasem en hangore in my hart sal kruip. Ek het myself nog nooit gesien as iemand wat sal sit en graad 4-Natuurwetenskap vra (eintlik kan die sin maar hier ook eindig…) met ’n bondeltjie hondehare op die skoot en ’n snuffelende snoet knus in die waai van my arm nie.
En, ja. Uiteindelik, uit-éín-de-lik is daar iemand wat maak asof daar ’n superheld by die kombuisdeur invlieg as al-lankal-al-deel-van-die-meubels ék tuiskom!
Voëls Ons kouse met ’n voëltema het van ryk kleure en teksture tot…
Simoné Pretorius is weer swanger, en in die wolke daaroor! Die 34-jarige aktrise het…
Genoeg vir 4. Bestanddele 10 ml (2 t) elk olie en botter 1…
Vandag is dit steeds een van die gewildste plaaslike produksies wat kykers saam laat swets,…
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Hierdie webwerf gebruik koekies.