kategorieë: Reis

Tlopi Tentkamp, Marakele Nasionale Park

Marakele Nasionale Park kan beskryf word as ’n verborge juweel. Geleë net buite Thabazimbi, is dit (teen 250 km) die naaste Suid-Afrikaanse Nasionale Park aan Johannesburg. Wat meer is, die Groot Vyf kan hier gesien word en is omring deur die Waterberge. ’n Skouspelagtige uitsig, min ander toeriste en een van die grootste kolonies van Kaapse aasvoëls in die wêreld voltooi die prentjie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Tlopi Tentkamp is ’n briljante manier om naby hierdie beskermde gebied te kom. Dit is die soort kampeerplek wat menige stadsjapies (eintlik enigiemand) se tone van lekkerkry sal laat krul, veral onder ’n warmkombers op ’n koue aand. Die tente is langs die dam geleë en ek het ure by hierdie uitkykpunt spandeer, op soek na wild. Die tente staan op ’n houtdek, elkeen met sy eie private badkamer, ’n stoep met ’n braai en ’n aparte, ten volle toegeruste kombuis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy het nie ’n 4×4 nodig om by die park te kom nie, maar daar is wel een of twee rowwe dele op die grondpad. Die pad na die Lenong Uitkykpunt is ’n totaal ander storie. Alhoewel dit geteer is, bekruip die kronkelpad die berg teen ’n indrukwekkende afname na die hoogste punt van die Waterberge (2 088 m).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Marakele Nasionale Park
014 777 6928/29/30/31
www.sanparks.co.za/parks/marakele/tourism/availability.php

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

15 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.