kategorieë: Blogs

Tjorts! Op die volgende 15

Vyftien jaar gelede. Al voel dit soos gister. Hollandse hartsvriende het al die pad na Suid-Afrika gereis. My Turkse boyfriend se ma was hier, Suid-Afrika toe beter as Istanbul. Op kantoor is alles in plek gestel vir die groot oorskakel van die 1900’s na 2000 – die Millennium-gogga, oftewel Y2K, moes ten alle koste vermy word. Doemprofete het gewag dat rekenaars én die wêreld sou gaan stilstaan en bewys: die mens is steeds magtiger as die masjien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Laatmiddag is ek, die Hollanders en die Turke Tafelberg uit. Pa en Ma kon nie saam nie – hulle was in Johannesburg, wagtend om te kyk of die Millennium-gogga ’n pad tot in die kantoor kon kou. Teen ’n helling (saam met ’n menigte ander) het ons en ons sjampanje stellig ingeneem. Reg om die 1900’s finaal agter te laat en 2000 te verwelkom. Bo-op ’n berg aan die suidpunt van Afrika.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit was vyftien jaar gelede. Ek’t intussen my Turkse boyfriend verruil vir ’n Moorreesburger en twee kinders gehad; die Turk het sy goedjies gepak en New York toe verhuis. Sy ma is terug Istanbul toe (of so dink ek). Die Hollanders het nog dieper in my hart gekruip, getrou, geskei, hul eie Kaaskoppies die wêreld in verwelkom, hier en daar begrafnis gehou en, wanneer ons kon, is daar in Suid-Afrika of in Holland gekuier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons het ons verniet bekommer oor Y2K: rekenaars was toe glad nie so verward as wat die mens gemeen het nie – inteendeel. In 2003 verwelkom ons LinkedIn en in 2004 is Facebook ’n realiteit. Twitter kom in 2006 en Instagram in 2010.

Sedert 2007 groet ons jaar-na-jaar ’n nuwe slimfoon of vier, gebruik tablette tot in die klaskamer en dial-up is tuis en op kantoor finaal iets van die verlede. Breëband-tegnologie word ál breër en die wêreld ál kleiner. Genadiglik so.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar nou, aan die begin van nóg ’n nuwe jaar, is ek amper te bang om oor die volgende vyftien te dink. Want oor vyftien jaar is my ouers amper tagtig, ek en my eg amper sestig, my kinders in hul twintigs. Die Hollanders het lankal die Euro as hul eie aanvaar, die Rand val (en val) en Steven Spielberg foeter met my kop as ek lees: “Technology can be our best friend, and technology can also be the biggest party pooper of our lives. It interrupts our own story, interrupts our ability to have a thought or a daydream, to imagine something wonderful, because we’re too busy bridging the walk from the cafeteria back to the office on the cell phone.”

Basta. Aan ouderdom kan ek niks doen nie. Ons word gebore, ons leef, ons sterf. Oor die volgende vyftien jaar gaan ek nóg nader aan tegnologie kom. Liewe Steven, dit sal nie my storie steur nie. Ek sal aanhou droom, maar weet vandag tegnologie laat my toe om te sê: Tjorts! Op die volgende 15!

En die wêreld hoor (ja, die Hollanders, dalk die Turk én sy ma ook).

Tot volgende week,

Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

18 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

19 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

20 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

22 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

23 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.