Ingredients
- Truffelmayonnaise
- • 2 eiergele
- • 10 ml (2 t) Dijonmosterd
- • 10 ml (2 t) witwynasyn
- • 250 ml (1 k) ligte olyfolie
- • 30 ml (2 e) truffel gegeurde olyfolie (te kry by Woolworths)
- Porcinisout
- • 25 g droë porcinisampioene (te kry by supermarkte soos PnP en Woolworths)
- • 20 ml seesoutvlokkies soos Maldon
- • 2 ekstragroot aartappels, geskil
- • olie vir diepbraai
Instructions
Mayonnaise
- Meng die eiergele, mosterd en witwynasyn in ’n middelslag-glasbak. Geur met sout en swartpeper.
- Meng die olyfolie en truffelolie in ’n maatbeker.
- Gooi die olie drupsgewys by die eiergele terwyl jy aanhou-dend en vinnig met ’n houtlepel roer.
- Sodra die mayonnaise begin verdik, kan jy die olie in ’n dun straaltjie begin byvoeg.
- Hou aan roer tot die olie ingemeng is en die sous dik en romerig is.
Sout
- Maal die sampioene en sout saam fyn in ’n koffiemeule of voedselverwerker. Hou eenkant.
- Verhit die olie in ’n middelslag-kastrol. Sny die aartappels 3 mm dik met ’n mandolien. Sny in dun repies om fyn tjippies te vorm.
- Diepbraai vir 8-10 min. of tot goudkleurig en bros, dreineer op kombuispapier.
- Geur met porcinisout en sit met die truffelmayonnaise voor in papierkegels of klein glasies wat met bakpapier uitgevoer is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }