Sit die eiergele, suiker en vanielje in ’n hittebestande bak. Klits vir sowat 5 min. met ’n elektriese klitser oor ’n dubbelkoker tot lig en romerig.
Haal van die hitte af, maar klits tot die mengsel effens afgekoel is.
Vou die eiermengsel by die mascarpone in – gebruik ’n ander mengbak.
Meng die koffie, likeur en brandewyn. Gooi in ’n platterige bak. Rol die koekies een vir een in die mengsel. Wees versigtig, want hulle word vinnig pap.
Pak ’n lagie koekies in ’n glas en skep van die eiermengsel bo-oor. Herhaal die lagies en eindig met die eiermengsel.
Sit vir 4-5 uur in die yskas. Sif net voor opdiening kakaopoeier oor.