Genoeg vir 4.
Bestanddele
- 3 ekstragroot eiergele
- 30 g strooisuiker
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 250 g mascarponekaas
- 80 ml (1/3 k) sterk espresso of filterkoffie
- 60 ml (¼ k) Kahluakoffielikeur
- 30 ml (2 e) brandewyn
- 17 (1 pak) Boudoirvingerkoekies
- 10 ml (2 t) kakaopoeier
Metode
- Sit die eiergele, suiker en vanielje in ’n hittebestande bak. Klits vir sowat 5 min. met ’n elektriese klitser oor ’n dubbelkoker tot lig en romerig.
- Haal van die hitte af, maar klits tot die mengsel effens afgekoel is.
- Vou die eiermengsel by die mascarpone in – gebruik ’n ander mengbak.
- Meng die koffie, likeur en brandewyn. Gooi in ’n platterige bak. Rol die koekies een vir een in die mengsel. Wees versigtig, want hulle word vinnig pap.
- Pak ’n lagie koekies in ’n glas en skep van die eiermengsel bo-oor. Herhaal die lagies en eindig met die eiermengsel.
- Sit vir 4-5 uur in die yskas. Sif net voor opdiening kakaopoeier oor.