kategorieë: Reis

Tintswalo Atlantic se nuwe lewe

Naam
Michelle Nortje

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Waar ons was
Tinswalo Atlantic

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ligging
Chapmans Peak-laan 1, Houtbaai, 7806

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soort akkommodasie
Uiters Luuks, eksklusief en prentjiemooi.

Tariewe
Kontak ontvangs by 011 300 8888 om ’n bespreking te maak, of besoek die webblad by www.tintswalo.com/atlantic

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Atmosfeer
Geskik vir ’n koningin. Die uitsig, suites, diens en kos is soos iets uit ’n ander wêreld. Hierdie is sonder enige twyfel die mees eksklusiewe boetiekhotel wat ek nog besoek het.

Wanneer
7-8 November 2015

Waar ons oorgeslaap het
Zanzibar Island Suite

Waar ons geëet het
By die heerlike Tintswalo Atlantic-restaurant wat uitkyk oor die see. Gourmet-kos, voorberei deur ’n bekroonde sjef en heerlike Kaapse wyn.

Wat het dit onvergeetlik gemaak?
Dit is moeilik om een spesifieke ding uit te sonder. Alles van Tintswalo Atlantic is betowerend. Van die opregte moeite en sorg wat die personeel ná die hartverskeurende brande in 2015 (wat die hotel laat afbrand het), toegepas het om te verseker dat die hotel nóg mooier en nóg luukser is, tot die onbeskryflike uitsig oor die see en berge. Hierdie is ’n bestemming wat elke Suid-Afrikaner (en internasionale reisiger) moet besoek.

Wat omtrent die plek of mense het jou gefassineer?
Die personeel se liefde vir die plek. Die intense emosie van elke lid wanneer jy hulle uitvra oor die brande wat die hotel laat afbrand het, tref jou diep. Dit is duidelik dat die personeel nie net hier werk nie, dis hul huis, hul tuiste. Die feit dat die hotel binne maande na die vernietigende brande herbou is, wys die hart daarvan.

Funksies
Wil jy ’n troue hê wat jou familie en vriende na hul asems sal laat snak? Dan is Tintswalo Atlantic die plek vir jou! Intiem, luuks, poskaartmooi. Kontak ontvangs by 011 300 8888 vir meer besonderhede of kyk na hul trougalery hier: www.tintswalo.com/atlantic/gallery/special-occasions-gallery/

Nuwe lewe

Nadat Tintswalo Atlantic in Maart 2015 onder hewige brande amper heeltemal vernietig is, is die span tot stilstand geruk. Op die oggend van 2 Maart 2015 het die eienaar, Gaye Corbett, en sy span besef dis nie net hul hotel en die berge rondom Chapmans Peak wat die effek van die brande ervaar het nie, maar die hele Kaapstad. Daar was geen twyfel in hulle om die plek te hervestig nie, en hulle het dit met oorgawe en liefde aangepak.

Vandag is Tintswalo Atlantic mooier as ooit en ek dink die krisis wat die span in die gesig gestaar het en die manier waarop hulle bo die omstandighede uitgestyg het om Tintswalo weer die mooiste bestemming (volgens my) in Kaapstad te maak, is die rede waarom daar ’n rustigheid in die lug hang.

Ek was al bevoorreg om ’n paar pragtige plekke te besoek, maar Tintswalo Atlantic lê my baie na aan die hart. Dit is werklik poskaartmooi en die moeite wat aan klein details gedoen is, soos houtstoeltjies wat uit oorblywende boomstompe (as gevolg van die vure) gemaak is, maak dit uiters spesiaal. Dis die klein dingetjies in die lewe wat tel …

Alles van Tintswalo Atlantic maak dit die moeite werd om te besoek. Die luukse suites (wat elkeen volgens verskillende temas ingerig is), die houtdek waar jy kan sit en ’n yskoue glas sjampanje geniet, die gevoel van die Kaapse lug op jou voel, die geluid van branders letterlik ’n paar tree van die hotel af, die berge, die atmosfeer …

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.