Tinarie van Wyk Loots deel haar skoonheidsgeheime deur Suzanne Kotzé. Video: Corné Greeff. Hooffoto: Kristina Stojiljkovic
Tinarie van Wyk Loots deel haar skoonheidsgeheime
Tinarie se tandepastaresep
Pas dit aan soos dit jou pas. Dit voel vreemd aan die begin en dit neem ’n rukkie om daaraan gewoond te word.
- 5 e kalsiumpoeier
- 3 e Xylitol (nie noodsaaklik nie, maar voorkom dat dit bitter smaak; jy kan dit ook deur Stevia vervang)
- 4 e klapperolie, by kamertemperatuur
- 1 e koeksoda (opsioneel)
- 2 e bentonietklei, of jy kan nog kalsiumpoeier byvoeg
- 3 e gedistilleerde water, of meer as jy dit dunner verkies
- 30 druppels van jou gunsteling- essensiële olie, soos peperment, kaneel, teeboom of suurlemoen
- Opsioneel: 20 druppels Echinacea (kruiepoeier, beskikbaar by gesondheidswinkels)
- 20-24 druppels spoorminerale
- Meng alles, behalwe die klei, goed saam in ‘n klein voedselverwerker. As dit glad is, meng die klei met ’n plastieklepel by (bentonietklei moenie met metaal in aanraking kom nie).
- As jy nie ’n voedselverwerker het nie, kan jy ook ’n klitser of vurk gebruik. Moenie ’n menger soos Magic Bullet gebruik nie, dit skep te veel druk.
- Hou dit in ’n klein flessie of ’n drukbare BPA-vrye buisie.
- Die tandepasta is dikker as dit koud is en meer vloeibaar as dit warm is (vanweë die klapperolie), maar dit behoort maklik te druk by gewone kamertemperatuur. As dit te loperig of dik is, voeg meer water (dunner) of kalsium (dikker) by. Gebruik soos gewone tandepasta.
Haar gunstelingprodukte:
Kry dit hier:
Lulu & Marula luluandmarula.co.za
Kom kuier saam agter die skerms by ons voorbladfotosessie saam met Tinarie by haar huis!
Vir nog videos soos Tinarie van Wyk Loots deel haar skoonheidsgeheime:
Rolanda Marais deel haar skoonheidswenke
Amalia Uys deel haar beste skoonheidsraad
Diaan Lawrenson vertel ons oor pienk hare en haar beste skoonheidsraad
Erica Wessels verklaap haar skoonheidsgeheime