Tierlantynkies Kuier-en Koopfees 2018. Foto’s verskaf.
Drie vriende, met ’n gedeelde passie vir kreatiwiteit en ’n begeerte om mense te bemagtig het kragte saamgesnoer om ’n platform te skep waar kunstenaars en ontluikende entrepreneurs hul talente en passies in ’n rustige omgewing kan aanbied.
Hierdie viering van kreatiwiteit is vir jonk en oud, ma’s, pa’s en kinders; dis vir die versamelaars, die mode-bewustes en die fynproewers …
Afgesien van die meer as 68 uitstallers wat ’n verskeidenheid goedere, juweliersware, klere, geskenke, speelgoed en dekorstukke verkoop, is daar ook baie kos- en deli-stalletjies wat allerhande lekkernye bied. Kopers kan ’n ete en ’n glas wyn geniet terwyl hulle deur plaaslike musikante vermaak word. Daar is ook volop vermaak vir kinders.
Maak tussen 27 September en 2 Oktober 2018 ’n draai by Tierlantynkies in Pretoria-Oos vir kreatiewe koopgenot.
Tierlantyntjies word aangebied by 3Ci, 56 Saalstraat, Zwavelpoort, Pretoria-Oos en is oop op die volgende tye:
Donderdag – Saterdag & Maandag 9:00 – 18:00
Sondag 10:00 – 16:00
Dinsdag 9:00 – 16:00
Vir meer inligting besoek www.tierlantynkies.co.za