kategorieë: In die nuusJou lewe

Tienerselfdoodvoorkomingsweek

Versorg deur Mariette Snyman. Foto Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Selfdood ruk ’n gemeenskap, om nie te praat van die persoon se nabymense nie. In Suid-Afrika neem kinders so jonk as ses of agt jaar hul eie lewens. In ons land het ’n skokkende een uit vier tieners al probeer om hul eie lewe te neem. Elke 24 uur vind honderde selfdoodpogings plaas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie tragedies maak dit duidelik dat ons kinders en tieners dringend beter gesondheidsorg en meer emosionele steun nodig het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Selfdood onder kinders

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kan selfdood onder kinders en tieners voorkom word?

“Tienerselfdood is meestal impulsiewe optrede deur ’n tiener wat waarskynlik met ’n reeks probleme in hul persoonlike, gesins- of skoollewe worstel,” sê  die kinderpsigiater dr. Clarke. “Iets gebeur wat alles net te veel laat word, en dan neem hulle hierdie ingrypende stap.

“Om ’n tiener te wees is reeds moeilik. Tieners moet groot uitdagings hanteer. Hulle gaan hoërskool toe en vorm nuwe verhoudings, wat baie keer verwarrend is. Daar is baie oppe en awwe, en ander mense dink soms verkeerdelik dat dit maar net die normale buierigheid van ’n tiener weerspieël. Dit is egter nie altyd die geval nie.

“Bewustheid en eerlike gesprekke is baie belangrik. Slegs bewusmaking kan ’n einde bring aan die depressie waaroor soveel tieners stilbly. Tieners met selfdoodgedagtes sal eerder hul vriende as hul ouers daarvan vertel. Daarom besoek die South African Depression & Anxiety Group (SADAG) talle skole landwyd met hul “Suicide shouldn’t be a secret”-veldtog. Hulle gesels met die leerlinge oor wat jou te doen staan as ’n maat selfdoodgedagtes koester. Elke skool sal brosjures en polsbandjies met noodnommers ontvang.”

Lees ook: Lig jou kind uit depressie

Bewustheid en eerlike gesprekke is baie belangrik

As jy of jou geliefdes eensaam voel en geen vreugde vind in dinge wat voorheen vir jou/hulle lekker was nie, gebruik gerus die aanlyn Teen Suicide Prevention Tool Kit by sadag.org vir nuttige selfhelpwenke, video’s, plakkate en maniere om hulp te kry. Besoek gerus ook sadag.org, of gaan direk na die Facebookblad The South African Depression and Anxiety Group

Waarskuwingstekens

Wees bedag op waarskuwingstekens by jouself of iemand anders en kry onmiddellik professionele hulp. Jy kan ook The South African Depression & Anxiety Group se gratis selfdood-krisishulplyn skakel by 0800 567 567 (8.00 tot 20.00, sewe dae per week).

Hier is die tekens:

  • Praat oor, of dink aan doodgaan
  • Ervaar ’n diep depressie, mood swings of leegheid
  • Onttrek van nabymense
  • Voel hooploos en alleen
  • Gebruik meer alkohol en dwelmmiddels
  • Voel soos ’n las vir ander
  • Tree roekeloos op of bly rusteloos
  • Ervaar veranderinge in eet- en slaappatrone of energievlakke
  • Berei voor op die dood – gee besittings weg, of stel ’n testament op
  • Het geen plesier aan enigiets nie

Opmerkings soos “Niks maak meer saak nie” of “Julle sal beter af wees sonder my” moet die waarskuwingsligte laat flikker!

Lees ook: Jou kind en die dood: 9 waarskuwingstekens

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

15 hours Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

16 hours Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

18 hours Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

20 hours Gelede

4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue

  1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…

22 hours Gelede

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.