kategorieë: OuerskapJou lewe

Tieners agter die stuur

Deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jou kant

Nuwe bestuurders in die huis beteken jou motorversekering moet aangepas word:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kry die voorwaardes

Versekeraars en polisse verskil: die belangrikste is om jou versekeraar te vra watter voorwaardes vir leerling- en ander bestuurders op jou spesifieke polis geld – en te onthou om die veranderings aan te bring.

Party vereis net dat jou kind met jou toestemming jou motor bestuur. Ander vereis dat jy al die moontlike bestuurders van elke versekerde motor spesifiseer – en hulle sal ná ’n ongeluk nie ’n sent uitbetaal as jou kind nie op die lys was nie. Party versekeraars vra ’n hoër premie, ander nie. Maar as ’n leerlinglisensiehouer ’n ongeluk maak, kan die versekeraar byvoorbeeld buiten die standaardbybetaling van R1 500 ’n verdere bybetaling van R1 000 vereis. ’n Bykomende R250 kan betaalbaar wees as ’n kind sonder ’n lisensie en sonder toestemming die motor gebruik het.

Koop die regte enjingrootte

Talle versekeraars weier om versekering te verskaf vir bestuurders jonger as 25 met motors met ’n enjingrootte bo 1 800. Of hulle hef ’n baie hoër premie. Stel vas wat is die maksimum grootte wat jou versekeraar sal dek vóór jy vir jou kind ’n motor koop.

Kies die gepaste opsie

Daar is drie soorte versekering:
1 Omvattende versekering, wat alles dek. Dit dek nie motors ouers as twintig jaar nie. Dis verpligtend op alle motors op huurkoop.
2 Derdeparty, brand en diefstal dek net dié drie skades. Ander skade weens ’n ongeluk kom uit jou sak. Party versekeraars dek net padwaardige motors.
3 Derdeparty alleen dek net die skade aan die ander motor. Dis die goedkoopste opsie, en dikwels die enigste een wat jy op ’n tipiese studentetjor kan kry.

Korrigeer jou kontrak

Telefoniese versekering is goedkoper omdat dit die middelman uitskakel, maar daar’s meer slaggate. Die onus rus op jou om seker te maak al die detail op die skriftelike kontrak, gegrond op jou telefoniese registrasie, is korrek. As inligting foutief op die kontrak verskyn, kan die versekeraar eise weier.

Hersien jaarliks

Jy moet jaarliks jou motorversekering nagaan om vir waardevermindering voorsiening te maak. Jy behoort ’n adresverandering en nuwe motorgebruikers dadelik te registreer, maar as jy nog nie het nie, doen dit nou. Die korrekte adres is uiters belangrik omdat dit jou risikoprofiel kan beïnvloed. As jou kind in ’n minder veilige gebied as jy woon en werk, en die motor wat jy op jou adres verseker het, word daar gesteel, het die versekeraar die volste reg om die eis te weier.

Tienertake

Vooraf

Loop ’n vinnige draai om jou motor en kyk of die bande styf is en alles reg lyk.

Veilig

Sluit heel eerste jou deure. Sit jou handsak en selfoon buite sig, maar nié onder jou sitplek nie, want dit kan vorentoe skuif en onder jou pedale beland. Bêre CD’s en hul houers in ’n kissie – hulle kan soos projektiele deur die lug trek as jy skielik stop, en nogal seermaak.

Gordel vas – elke keer.

Vensters bly liefs toe. Ou motors sonder lugreëling ís bedompig. Terwyl jy vinnig ry, kan jy maar so 5 cm oopdraai, maar jy móét by elke robot en stopstraat toedraai.

Beplan jou roete vooraf sodat jy nie in onveilige omgewings verdwaal nie.

Lees jou petrolmeter

Het jy genoeg petrol vir jou rit? Laat elke keer as jy petrol ingooi die batterywater, olie (veral as jou kar oud is) en banddruk nagaan.

Parkeer oordeelkundig

Gaan dit donker of stil wees wanneer jy weer by jou motor kom? Parkeer dan by ligte of ’n besige ingang. As daar nie plek is nie, skuif jou motor voor donker nader.

Saamryers

Wees liewer veilig as om wildvreemdes op te laai, veral as jy meisie-alleen ry – dit geld ook onbekende medestudente. Dit is dalk ongevoelig om vreemdelinge gestrand langs die pad te los, maar stilhou is té onveilig. Lig liewer die naaste polisiekantoor in dat mense hulp nodig het.

Behou kontak

Laat iemand weet wanneer jy vertrek en wanneer jy beplan om te arriveer sodat iemand kan opvolg as die rit skeef loop.

Noot vir nood

Hou jou lisensie en ID byderhand, met ’n ekstra geldnoot vir ’n nood. En hou in jou kattebak ’n flits, bottel vars water, voetpomp, gereedskapstel, sleeptou, batterykabels en noodhulpkissie.

Pap band

Al kan jy ’n wiel omruil, is jy weerloos as jy stokalleen langs die pad staan en sukkel. Ry eerder stadig tot by die naaste garage – of polisiekantoor as die garage ook maar verdag lyk.

RunOnFlats is ’n soort band wat nie kan pap raak nie, maar dit pas net op sekere modelle. Wielgas is ’n mengsel van lateks en gas wat op ’n lekplek gespuit word om die gaatjie te seël tot jy by ’n garage kan uitkom. Hou ’n spuitbottel in jou kattebak.

Benut jou selfoon

Stoor die nasionale ambulansnommer (10177) en Netcare s’n (082 911) op jou selfoon.

Lees ook: Eerstejaar? 5 suksesgeheime

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.