kategorieë: Ons menseBekendes

Tien vrae aan Vickie Sampson

Tien vrae aan Vickie Sampson deur Mariette Snyman. Foto verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vickie Sampson se aangrypende vertolking van die liedjie My African Dream het sekerlik daartoe bygedra dat dit gesing word deur kore soos die veelbekroonde Soweto Gospel Choir en die Ndlovu Youth Choir, wat Suid-Afrika onlangs by America’s Got Talent trots gemaak het. Selfs die alombekende André Rieu het die liedjie opgeneem, en dan is daar natuurlik Vickie se My African Dream-duet saam met Karen Zoid op die TV-program Die Republiek van Zoid-Afrika.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Van kleindorpse stofstrate tot internasionale sukses: Die Ndlovu-jeugkoor verower harte by America’s Got Talent

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Wat beteken musiek vir jou?

Vir my is musiek ’n gawe en ’n seën. Dit stel my in staat om lewens aan te raak en te verander, omdat dit genesing bewerkstellig.

2. Watter rol speel musiek in die wêreld?

Dis daar om vreugde te skep, te besiel en kwessies waarmee die mensdom wroeg, aan te spreek. Dit verander persepsies en harte.

3. Hoe voel dit om met ’n stem soos joune te kan sing?

My stem is ’n direkte konneksie met my Skepper. Dis een groot vreugde om so aan my Bron verbind te wees! Deur die jare het ek gegroei en my stem saam met baie kunstenaars geslyp, en mettertyd die vermoë aangekweek om my klank en uniekheid te waardeer en te vier.

4. Hoe sou jy jou grootste loopbaanuitdagings beskryf?

Van hierdie uitdagings het daartoe gelei dat ek my identiteit en lewensdoelwit bevraagteken het. Een van die grootstes was om die rol van ouer en die rol van vermaaklikheidskunstenaar te balanseer. Dis swaar om jou kinders aan ander se sorg toe te vertrou, maar ek het nog altyd daarna gestrewe om die bes moontlike ma te wees.

5. Hoe gebruik jy jou stem om vreugde aan ander te bring?

Ek gebruik dit sover moontlik as ’n instrument van vrede en versoening. Ek is mal oor die gawe van kommunikasie, om met ander te praat, en om na hul drome, hoop en vrese te luister. Ek glo dit kan van die wêreld ’n beter plek maak.

6. Baie mense sien nie hul eie waarde raak nie. In watter lig sien jy jouself?

Dit maak my hartseer dat soveel mense ontoereikend voel. Ek glo ons is almal wonderbaarlik aan ons Bron verbind. Sodra ons dit besef en begryp, word ons eiewaarde duideliker, en vind ons dit makliker.

7. Wat is jou wens vir elke mens?

Dat ons sal wéét hoe kosbaar en geliefd ons elkeen is. Dan sal ons dit ook teenoor mekaar kan uitleef – en die wêreld verander.

8. En jou wens vir elke kind?

My wens is dat elke kind liefde sal ken, en die geleentheid sal hê om te droom en hul potensiaal te verwesenlik.

9. Hoekom het Afrika so ’n spesiale plek in jou hart?

Ek is net soveel “in” Afrika as wat sy in my is. Ons woon op ’n kontinent van hoop en moontlikhede.

10. Wat vergestalt wie jy is en waarin jy glo?

Ek glo in die krag in elkeen van ons om meer te wees as wat ons ons kan voorstel. Dit vuur my aan om nooit moed op te gee nie, en om nooit op te hou om my bes te doen om ’n bate vir die mensdom te wees nie. Musiek is my inspirasie, en die grootste gawe wat ek ken!

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.