Thulisa Keyi by die Mej. Wêreld-skoonheidskompetisie inligting en foto’s verskaf. Verwerk deur Cornelia Postma.
Jy kan die Mejuffrou Wêreld-skoonheidskompetisie regstreeks volg!
Suid Afrika se skoonheidskoningin, Thulisa Keyi, is tans een van die gunstelinge by die Mejuffrou Wêreld-kompetisie wat in Sanya, China, plaasvind.
Die 26-jarige Thulisa, wat van Mdantsane buite Oos-Londen af kom, ding mee teen 119 ander internasionale deelnemers. In die opbou tot die finaal, het Thulisa die Mejuffrou Wêreld-ontwerper-toekenning gewen, en is nou in die topvyf vir die Mejuffrou Wêreld-topmodel.
Datum: 8 Desember, vanaf 13:00 tot 17:00.
Kanaal: SABC 3 of DStv Kanaal 193
Lees ook: Rolene Strauss wil inspireer met haar lewenslesse