kategorieë: Ontspanning

Theunis Nel weer geopereer

Die akteur en TV-aanbieder Theunis Nel moes Vrydag weer ’n operasie aan sy regterbeen ondergaan. Nel het dit beklemtoon dat dit ’n beplande prosedure was om een van nege frakture aan die been te herstel. “Daar is geen krisis nie. Dokters het my gewaarsku dat daar nog ’n paar prosedures voorlê voordat ek weer heeltemal mobiel gaan wees,” het hy voor die operasie vanuit sy hospitaalbed gesê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Nel is op 17 Desember 2014 uit die Unitas-hospitaal ontslaan nadat hy ernstig beseer is in ’n motorfietsongeluk op 10 November. Benewens die nege breuke aan sy regterbeen het hy ook ribbes gebreek, sy linkerknie se ligamente geskeur en inwendige beserings opgedoen. Sy regterarm moes geamputeer word om sy lewe te red, en na die ongeluk was hy vir veertien dae gekoppel aan ’n masjien wat die funksie van sy longe moes oorneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hy is sedertdien in ’n rehabilitasiekliniek in Pretoria waar hy onder meer fisioterapie en arbeidsterapie ondergaan. “My mediese span is fantasties – ek kan hulle nie genoeg bedank vir alles wat hulle vir my doen nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Na die jongste operasie lê daar na verwagting minstens nog ’n maand in die rehabilitasiekliniek voor. “Ek is vol vertroue dat ek daarna sal kan huis toe gaan. Die afgelope twee maande was die grootste uitdaging van my lewe, maar was ook ’n geloofsreis. Al het ek nog daagliks baie pyn, ervaar ek duidelik die Here se hand in alles wat gebeur het. Ek glo Hy het my met ’n doel gespaar.”

Nel en sy vrou, Mareli, het die media en publiek bedank vir die belangstelling. “Ons voel nederig dankbaar vir al die boodskappe, hulp en gebede in hierdie moeilike tyd. Ons glo mense sal verstaan dat ons nie op elke boodskap kan reageer en dat ons nie nou media-onderhoude wil toestaan nie. Nou fokus ons ten volle op Theunis se herstel. Ek en die seuns kan nie wag dat Theunis huis toe kom nie,” het sy gesê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dokters is tevrede dat Vrydag se prosedure suksesvol was en dat Nel goed aansterk. Hy verduur nog baie pyn, maar word vandag weer oorgeplaas na die rehabilitasiekliniek. Na verwagting sal hy oor vyf weke weer ’n prosedure aan sy been ondergaan waarna dokters sal besluit oor die res van sy mediese behandeling. Die spesialiste in beheer van sy behandeling skat dat dit minstens ’n jaar sal duur voordat hy ten volle van sy beserings sal herstel.

*Liefde op onverwagse plekke (’n artikel uit rooi rose Maart 2010)

TV-aanbieder en akteur Theunis Nel was baie beïndruk deur Mareli, sy klein, blonde vroutjie, se parmantigheid.

“Sy wou in ’n eenrigting teen die verkeer indraai, en het so ewe kwaai vir my vinger gewys! Ek het geglo soos Cat Stevens sing: “I’m looking for a hardheaded woman”, en ek het sommer net geweet hierdie een ís.”

’n Paar dae later het hy haar in ’n winkelsentrum sien stap en haar gevolg. “Maar toe sy by die onderklere-afdeling van ’n winkel instap, het ek maar omgedraai en geloop.”

Mareli onthou dat sy hom in die winkelsentrum in Potchefstroom (waar hulle steeds woon) gesien het, maar sy was in ’n ander verhouding en het nie eens twee maal oor hom gedink nie.

Toe getroude vriende Theunis ’n jaar later vra wanneer hy eendag gaan vrou vat, het hy geantwoord dat hy haar nog nie ken nie, maar presies weet hoe sy lyk. Toe hy Mareli beskryf, het sy vriendin dadelik geweet dis háár vriendin Mareli, ’n skoonheidsterapeut.

Theunis het nie op hom laat wag nie, en telefonies ’n afspraak gemaak by die salon: as Piet Pompies, en ’n TLC-afspraak gemaak, iets wat die ontvangsdame nie verstaan het nie, maar net so neergeskryf het. Die twee skater nou nog oor hierdie deel van hul storie.

Mareli het hom dadelik herken en onthou dat dit “gevoel het asof ek van die vloer af lig” toe hy haar hand skud. Sy het nietemin professioneel gebly en gevra vir watter soort behandeling hy daar is.

Theunis het ewe voorbarig geantwoord dat hy eintlik daar is om haar te vra om te trou. “Goed, ek sal, maar ek het ’n kêrel,” het die verbaasde Mareli geantwoord.

Die onverklaarbare emosie tussen ’n man en ’n vrou waaroor selfs die wyse Salomo gewonder het, het gewen, en twee maande later het hulle die knoop deurgehak “op ’n lekker boeretroue met lekker kos en baie dans”.

Albei het net geweet: hier is my ander helfte. En om seker te maak te maak hul sprokie het ’n gelukkige einde, het hulle vroeg in hul huwelik ’n huweliksberader gaan sien vir leiding oor die pad vorentoe.

“Ons verskil soos dag en nag,” verduidelik Theunis. “Mareli is altyd vrolik en vriendelik en kom met almal klaar, maar ek kan nogal soms ’n brombeer wees wat net uitgelos wil word. Ek moes leer om haar wêreld en manier van dinge doen te verstaan, en sy myne. Meer ‘jy’, en minder ‘ek’.”

Oor een ding was hulle albei nog heeltyd seker: dat hulle weet wat hulle in mekaar het, en dat hulle mekaar onvoorwaardelik liefhet. Deesdae is hulle die trotse ouers van twee bekkige blondekoppies: Anro en Christoff.
Ek wonder nog net oor een ding: waarheen was die andersins sagte, rustige Mareli daardie eerste keer so haastig en kwaai op pad? “Tandarts toe!” skater sy. “Sou jy nie ook dan teen die verkeer indraai nie?”

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

5 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

11 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

12 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

13 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

13 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

13 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.