kategorieë: Ons menseBekendes

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’ se Louise Volschenk: “Dinge is nie altyd so glansryk nie!’

Showmax se splinternuwe werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied binnekort ’n vars blik op moderne moederskap en vyf dinamiese vroue se besige skedules, glansryke lewens en komplekse vriendskappe. Daar wag dalk ook ‘n bietjie drama…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Na die vorige weergawes van hierdie werklikheidsreeks in Johannesburg en Durban, verskuif The Mommy Club: Van die Hoofstad die fokus na Pretoria, waar Ansu Viljoen, Crystal Van Der Burgh, Johandri Johnson, Louise Volschenk en Tessa Tullues die uitdagings van moederskap, die getroude lewe én egskeiding aanpak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

The Mommy Club: Van die Hoofstad maak op 14 Maart 2025 sy debuut op Showmax, met nuwe episodes wat elke Vrydag te sien is.

Louise Volschenk (38), ‘n entrepreneur, verklap meer oor haar Mommy Club-reis en wat kykers kan verwag.

(Foto: Media24/Gallo Images/Luba Lesolle)

Hoekom het jy besluit om by The Mommy Club: Van Die Hoofstad aan te sluit?

Ek het nog altyd geglo dat moederskap oor meer as net roetines en verantwoordelikhede gaan; dit gaan ook daaroor om die vreugde, humor en elke klein oomblik tussenin te omarm. Toe die geleentheid gekom het om by The Mommy Club: Van Die Hoofstad aan te sluit, het ek dit gesien as die perfekte kans om my reis as ’n ma, vrou en sakevrou op ’n manier te deel waarby ander kan aanklank vind. En, kom ons wees eerlik, elke program het ’n bietjie komiese verligting nodig, so ek was meer as bly om dít by te dra!

Lees ook: The Mommy Club: Van die Hoofstad: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Hoe was dit om deel van ‘n werklikheidsreeks te wees? Wat sien kykers nie?

Om ’n werklikheidsprogram te kyk, is een ding, maar om dit te leef, is ’n heel ander ervaring! As kyker kry jy ’n slegs ’n beperkte blik op ons lewens, maar om deel daarvan te wees, beteken dat jy elke emosie voel – die gelag, die uitdagings, die chaos, en daardie pragtige oomblikke wat kykers nie altyd sien nie. En, kom ons wees eerlik, dinge is nie altyd so glansryk agter die skerms nie!

Wat is die belangrikste les wat jy uit jou ervaring op die program geleer het?

Die grootste les wat ek geleer het, is dat balans ’n voortdurende reis is. As ’n ma, vrou en entrepreneur het ek besef jy kan nie uit ’n leë beker skink nie. Om tyd vir myself te neem, is nie selfsugtig nie – dit is noodsaaklik. En natuurlik het ek geleer dat ’n bietjie humor jou deur amper enigiets kan kry! Ek het gedink my lewe was voor die program besig, maar ek het geen idee gehad hoeveel besiger my lewe sou word nie. Op een of ander manier het ek steeds alles onder beheer. Dit gaan oor behoorlike beplanning en tydsbestuur, en ek dink ek het dit nou baasgeraak!

Aan wie voel jy die naaste onder die ma’s op die reeks, en hoekom?

Ek voel die naaste aan Tessa. Ons albei is ma’s, bestuur ons eie besighede en heg groot waarde aan ’n gebalanseerde lewe. Ons deel ’n liefde vir trooskos en wyn – sy is beslis my soort mens! Om iemand te hê wat verstaan hoe moeisaam dit is om ’n fyn balans tussen jou loopbaan, gesin en persoonlike tyd te hou, maak hierdie ervaring vir my nog meer spesiaal.

Is daar iemand in die groep met wie jy ’n uitdagende verhouding gehad het? Hoe hanteer jy dit?

Waar daar sterk persoonlikhede is, sal daar sekerlik wrywing wees! Ek probeer enige uitdagings met humor en ’n kalm benadering hanteer. Aan die einde van die dag is ons almal ma’s wat ons bes doen, en ek probeer altyd daardie perspektief behou, selfs wanneer dinge intens raak.

Wat kan kykers hierdie seisoen van jou verwag? Enige verrassings of oomblikke wat jy opgewonde is om te deel?

Daar is beslis baie om na uit te sien! Van hoë-mode-oomblikke tot die morsige, agter-die-skerms chaos van moederskap – ek voeg my eie mengsel van pret en egtheid daarby. Ek verras jou dalk selfs met ’n kykie na my sake- en persoonlike lewe, so skakel in!

Hoe benader jy die program se konflik-situasies? En wat het jy uit daardie oomblikke geleer?

Ek het nog altyd geglo dat lag die beste manier is om spanning te ontlont, maar as dít nie werk nie, mik ek vir eerlike, oop gesprekke en probeer om dinge drama-vry te hou. Ek het geleer dat dit nie die moeite werd is om by elke geveg betrokke te raak nie, en soms is dit beter om mense net hulself te laat wees.

Hoe het mense op jou betrokkenheid met die program gereageer?

Ek is weggeblaas deur die ondersteuning wat ek ontvang het – dit het my selfs meer selfversekerd laat voel oor wat kom. Ek het egter ook baie negatiewe kommentaar teëgekom, veral van Afrikaanse vroue wat ek gedink het opgewonde oor die reeks sou wees. Die kritiek was rof, met mense wat ons as lui, mooi, ryk huisvroue bestempel – en dít kan nie verder van die waarheid wees nie. Ek het ’n suksesvolle besigheid op my eie gebou terwyl ek my huishouding bestuur en my kinders grootgemaak het, sonder die hulp van kinderoppassers of au pairs, en ek kry dit steeds reg om na my voorkoms te kyk. Ek dink van die internet-trolle gaan hul woorde tel sodra hulle sien presies waartoe ons vyf werklik in ons alledaagse lewens in staat is.

Hoekom dink jy moet mense The Mommy Club: Van Die Hoofstad kyk?

Want dit is eg, mense sal daarmee kan vereenselwig. En dis propvol onvergeetlike oomblikke! Jy sal die wipwarit van moederskap, die huwelik en die sakewêreld sien, maar met baie glans, lag en drama tussenin.

Kyk die lokprent:

Lees ook: Aktrise en kinderboekskrywer Crystal-Donna Roberts is oorlede

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

’n Gesonde tuin met een knip op ’n slag

Tuiniers het dikwels letterlik en figuurlik hul hande vol aan die einde van die tuinmaakseisoen…

6 hours Gelede

Aktrise en kinderboekskrywer Crystal-Donna Roberts is oorlede

Die bekroonde aktrise en kinderboekskrywer, Crystal-Donna Roberts, is Donderdagoggend op 41-jarige ouderdom oorlede ná 'n…

9 hours Gelede

Pretoria FM: Hoofstuk twee van ‘Die Storie van Afrikaanse Musiek’ op pad weens gewildheid

Hierdie en vele ander verhale word opgediep in die tweede reeks van Die Storie van…

1 day Gelede

Ontmoet die vroue wat ons Proteas uitgeboul het

Nadat die Proteas Saterdag die Engeland-span met sewe paaltjies in Karatsji oorrompel het, is Suid-Afrikaners…

1 day Gelede

SANBI bied gratis toegang tot botaniese tuine vir Nasionale Tuineweek!

Hooffoto: Facebook/Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin     Die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) bied hierdie Maart…

2 days Gelede

Die romerigste, lekkerste polenta

Polenta is grof gemaalde geelmieliemeel en word veral in Italiaanse kookkuns gebruik. Dis ook wonderlike…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.