Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis die derde aflewering van die Mommy Club-franchise.
Na die vorige weergawes van hierdie werklikheidsreeks in Johannesburg en Durban, verskuif The Mommy Club: Van die Hoofstad die fokus na Pretoria, waar vyf buitengewone vroue moderne moederskap herdefinieer terwyl hulle die kompleksiteite van kinders grootmaak, die getroude lewe en hul glansryke leefstyl navigeer.
The Mommy Club: Van die Hoofstad maak op 14 Maart 2025 sy debuut op Showmax, met nuwe episodes wat elke Vrydag verskyn.
Vind uit hoekom hulle besluit het om by die program aan te sluit en watter opwindende oomblikke kykers kan verwag.
Ansu Viljoen

(Foto: Media24/Gallo Images/Luba Lesolle)
Die 30-jarige Ansu, ’n ma van twee kinders onder vier, is gereed om ’n nuwe hoofstuk in haar lewe te begin. “Ek het aangesluit omdat dit iets nuuts en lekker was,” sê sy. “Ek hou daarvan om myself in nuwe ervarings te verdiep, te leer en te groei. Persoonlike evolusie vind plaas wanneer jy nuwe avonture omhels. Toe die geleentheid opduik, het ek gedink: “Dit klink opwindend. Hoekom nie? Kom ons doen dit!’”
Crystal van der Burgh

(Foto: Media24/Gallo Images/Luba Lesolle)
Crystal, die dogter van ’n suksesvolle sakeman, werk tans saam met haar pa aan verskeie ondernemings terwyl sy haar rolle as vrou en ma van twee balanseer. Die 27-jarige bewonder die vroue in die franchise wat beide krag en elegansie uitstraal. “Ek bewonder regtig Mev. Mops van The Mommy Club, want sy is die perfekte mengsel van luuksheid en egtheid. Sy is dinamies en inspirerend – grasieus, dog gegrond. Sy wys dat jy ’n wonderlike lewe kan lei sonder om sig te verloor van wie jy is. Ek respekteer daardie balans en streef daarna.”
Johandri Johnson

(Foto: Media24/Gallo Images/Luba Lesolle)
Op 33 glo tuisblyma Johandri dat The Mommy Club: Van die Hoofstad kykers sal boei met sy eerlike uitbeelding van moederskap. “As jy op soek is na iets eg, bekend en vermaaklik, is The Mommy Club vir jou!” sê sy. “Die program gee ’n eerlike blik op moderne moederskap, vriendskappe en persoonlike groei. Soos enige werklikheidsprogram is daar natuurlik drama en konflik, maar wat ons program laat uitstaan, is die rou egtheid. Die vrouens is net hulsef en deel werklike ervarings, uitdagings en oorwinnings.”
Louise Volschenk

(Foto: Media24/Gallo Images/Luba Lesolle)
Entrepreneur Louise streef na egtheid in beide haar besigheids- en persoonlike lewe. Oor haar rol in die program reflekteer die 38-jarige: “Ek bring die waarheid, die humor en ’n bietjie chaos – maar op die beste manier moontlik. Ek sê wat almal dink, maar te bang is om te sê.”
Tessa Tullues

(Foto: Media24/Gallo Images/Luba Lesolle)
Tessa, ’n voormalige Mev. Suid-Afrika-finalis, is passievol daaroor om haar platform te gebruik om ’n positiewe impak te maak. “Ek het by The Mommy Club aangesluit om mammas te inspireer om sterk te bly in moeilike tye,” sê die 36-jarige. “Ek wil aan al die moeders daar buite hoop gee.”
Kyk die lokprent:
Lees ook: ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!