kategorieë: Ons menseBekendes

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms dramatiese blik op moderne moederskap en vyf ambisieuse vroue se besige skedules, glansryke lewens en komplekse vriendskappe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die stromingsplatform het pas die nuus gedeel dat hierdie werklikheidsreeks die gewilde Trompoppie verbygesteek het as die Afrikaanse program wat die meeste op Showmax gekyk is, sedert die platform se vernuwing.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Na die vorige weergawes van hierdie werklikheidsreeks in Johannesburg en Durban, verskuif The Mommy Club: Van die Hoofstad nou die fokus na Pretoria, waar Ansu Viljoen, Crystal Van Der Burgh, Johandri Johnson, Louise Volschenk en Tessa Tullues die uitdagings van moederskap, die getroude lewe én egskeiding aanpak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor Niggies en ma-wees op skerm

Een lid van die Mommy Club, Johandri Johnson, het meer oor haar ervaring op die program verklap:

Johandri is 33 jaar oud is, het al verskeie Bikini Fitness-titels ingepalm en is ‘n leefstyl-inhoudskepper. Sy en haar man, Stiaan Johnson, is die trotse ouers van ’n eenjarige.

(Foto: Media24/Gallo Images/Luba Lesolle)

Hoekom het jy besluit om aan die reeks deel te neem?

Ek het deelgeneem omdat ek deel wou wees van ’n gemeenskap sterk, inspirerende vroue wat die unieke reis van moederskap verstaan. Dit gaan nie net daaroor om gesien te word nie, dit gaan daaroor om ware stories te deel – die hoogtepunte en die laagtepunte – en om mekaar te ondersteun, te wys dat ma’s kragtig, stylvol, suksesvol, en steeds kwesbaar kan wees. Ek wou my opregte self verteenwoordig, met ander mense bande smee, en vroue inspireer wat met my en my storie kan vereenselwig.

Hoe voel dit nou as jy jouself op die TV-skerm sien?

Om myself op TV as kwesbaar en sagmoedig te sien, was baie emosioneel en insiggewend. Dit het my gedwing om die emosies wat ek dalk in die oomblik afgeskud het, in die gesig te staar. Maar om dit als te sien uitspeel, het my laat besef watter krag dit geverg het om getrou aan myself te bly. Ja, dit het seergemaak – ons is almal menslik – maar dit het my ook aan my veerkragtigheid en krag herinner. Ek het beslis daaruit gegroei en nou sal ek met meer selfvertroue praat, nie net vir myself nie, maar vir ander wat dalk dieselfde voel.

Wat was jou familie en vriende se reaksie oor jou deelname aan die reeks?

Die aandag en terugvoer van my familie en vriende nadat hulle die program gekyk het, was nog niks behalwe liefde en ondersteuning nie. Elke liewe persoon wat my hart ken en wat my as persoon ken, het gesê, ‘Dis presies wie jy is.’ En dís die grootste kompliment, want ek het aan myself getrou gebly.

Hoe voel dit om jou persoonlike lewe so op skerms – en inderwaarheid met derduisende vreemdelinge – te deel?

Om myself en my persoonlike lewe so oop te maak, was ’n groot stap, maar een waaroor ek nie spyt is nie. Dit was emosioneel, rou en eg, maar ook bemagtigend. Ek het my ware self gewys – foute, sterk punte, emosies, alles – en dis iets waarop ek trots is. Dis nie maklik om só blootgestel te wees nie, maar as selfs een persoon met my storie of my teenwoordigheid kan vereenselwig, dan was dit die moeite werd. Ek het baie oor myself in die proses geleer, en ek het uit die ervaring gegroei.

Wat het jy geleer tydens dié hele ervaring?

Ek het geleer dat ’n goeie hart, en die begeerte om soms ’n vredemaker te wees, jou in die gat kan byt. Nie almal gaan van jou hou nie, en dís oukei. Ek het geleer dat nie almal toegang tot jou energie of jou nabye kring mense verdien nie. Jy kan vir jouself opstaan, grense stel en steeds vriendelik bly. Jou mag hoef nie altyd hard te wees nie; dit kan kalm, gegrond en onbeskaamd eg wees.

Hoe voel jy oor die reünie-episode wat binnekort opgeneem word – is daar iets wat jy wil opklaar voordat dit gebeur?

Ek sien uit daarna, nie net om oor als te besin nie, maar ook om duidelikheid te gee waar dit nodig is. Ek wil dit baie duidelik stel: ek was nooit ’n opdringerige persoon nie… Ek staan ​​op vir myself wanneer ek glo die situasie verdien my energie.

Maar as dit soos hoërskooldrama voel, sal ek my afstand hou, en ek is oukei daarmee. Sommige mense sal dit dalk met swakheid verwar, maar dit verg eintlik baie krag om kalm te bly en nie negatiwiteit te koester nie.

Het jy enige blywende vriendskappe of bande met van die ander vroue gesmee?

Ja, ek het wel hegte bande met ’n paar van die mammas in die program gesmee. Wanneer jy in só ’n ruimte is, vol verskillende persoonlikhede en sterk vroue, is dit nie altyd maklik nie, maar daar is beslis oomblikke waar ware bande vorm.

Ek waardeer egtheid, so die bande wat ek wel gemaak het, was gegrond op wedersydse respek en egte nergie, nie net vir die kameras nie. En dít is vir my wat werklik saak maak.

Wat maak van dié reeks sulke lekker kykstof?

Mense moet kyk, want dis eg, dis rou, en, glo my, daar is nog baie meer op pad. Daar is morsige oomblikke en lelike bakleiery, maar onder dít alles is daar ’n kragtige storie oor vriendskap, moederskap en groei.

Of jy nou ’n ma, ’n sakevrou of selfs ’n jong meisie is – daar is iets in hierdie reeks waarmee jy kan vereenselwig of waaruit jy kan leer. Dis meer as blote vermaak; benewens die drama, het die storie baie hart. Dis die werklike lewe en dit ontvou reg voor jou.

The Mommy Club: Van die Hoofstad kan op Showmax gestroom word. Nuwe episodes is elke Vrydag beskikbaar.

Lees ook: PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

4 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

6 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

7 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

10 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.