kategorieë: ReisOntspanning

The Last Word: Kom na Kommetjie

As ’n mens nog aangery kom na die lieflike dorpie Kommetjie word jou hart al stil van die eenvoudige skoonheid van die omgewing. Die buitekant van dié The Last Word vyfster-Hotel verklap niks van die heerlikheid wat binne die hoë hek en agter die muur verberg is nie. Eers met die instap openbaar die rustige oase himself aan jou, en as jy by die stylvolle dubbelkamer instap is dit die see-uitsig wat jou na jou asem laat snak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Na ’n vriendelike verwelkoming en ’n heerlike koppie koffie word die hotel bekendgestel. Dis lieflik geleë met ’n lang stoep wat oor die blou swembad en pragtige tuin uitkyk. Die eetkamer wat uitloop op die stoep is die ideale plek om versnaperinge te geniet terwyl jou oë op vertes uitkyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek dink nie daar is ’n mooier prentjie as dit wat jou vanaf die stoep van die dubbelkamer begroet nie. Dis ’n pragtige strand, en laatmiddag nog propvol gesinne wat saamstap. Daar is ook heelwat stappers wat met hul honde die sonlig en seebries geniet. Dis al vroeg-Julie, maar die weer is mooi en die sonskyn lok almal buitentoe. In die water is nog dosyne in duikpakke wat op branderplanke uitroei see in en op die rug van die golwe sierlik deur die water klief terug strand toe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die uitsig oor die “Kom” is een van die area se grootste aantreklikhede en is al meer as ’n eeu lank dié kenmerk van hierdie stuk kuslyn. Die plaas waarop die dorpie opgerig is, was bedoel om groente te kweek vir die skepe wat daarlangs gevaar het en daar is ook bekende kuswrakke in die omgewing. Dis geleë omtrent halfpad langs die weskus van die Kaapse Skiereiland af, en ook bekend vir die pragtig bewaarde Slangkop Lighuis op sy hoogste punt. Ek kan getuig dat dit van die mooiste oorde is wat ek nog gesien het, en dit lyk nog baie ongerep en beslis nie oorontwikkel nie. Een van die aktiwiteite wat aanbeveel word is perderitte in die omgewing, en ek wens ek het meer tyd gehad om dit aan te durf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek kan getuig dat dit van die mooiste oorde is wat ek nog gesien het

Ek het later so ’n bietjie gaan uitry om die omgewing te verken, en ek was aangenaam verras. Ek gaan beslis weer terugkeer Kommetjie toe; daar is nog baie wat ek wil sien en doen. Die Long Beach-hotel self is ’n versteekte juweel, ideaal vir daardie stilwordtye of ’n (eerste of tweede) wittebroodsrusplek om tot verhaal te kom. Hulle bedien slegs ontbyt en versnaperinge, maar is werklik daarop ingestel om jou te bederf.

Daar is heelwat klein restaurantjies is die omgewing en die hotel is daarop ingestel om jou te help om een na jou smaak te kies vir aandete. Ek moet sê my nagrus in die smaakvol gemeubileerde kamer met ’n gerieflike bed was ongestoord. Ek sal nie gou my glasie (of twee) vonkelwyn vergeet wat ek op my eie beskutte stukkie stoep kon geniet terwyl ek oor die see uitkyk na die verre liggies terwyl die son begin sak nie. Die diens is baie goed, maar nooit indringerig nie. Jou geringste wens is belangrik en alles getuig van kwaliteit en goeie smaak.

Die emmer wat in die stort staan en die briefie in jou kamer wat jou bewus maak van die waterbeperkings is stille getuienis van hulle erns oor die saak. Ek het ’n heerlike rustige tydjie meegemaak wat ek nog lank sal onthou.

Ontbyt the volgende oggend was beslis nog ’n hoogtepunt. Alles is keurig en smaaklik met ’n besonder wye verskeidenheid wat beslis in elkeen se smaak sal val. Vars vrugtesap en gesnyde vrugte en jogurt, graankosse en muesli, ’n wye verskeidenheid vars gebakte broodjies en smere – te veel om uit te kies. Dit was moeilik om te bestel maar na maklik die lekkerste omelet wat ek nog ooit geëet het, was ek tevrede met my keuse. Die koffie was vars en voortreflik en ek was niks lus om die verkeer terug Kaap toe aan te durf nie.

The Last Word Long Beach Kommetjie, julle het my heerlik bederf en ek hoop ek sien julle gou weer!

Klik hier vir meer inligting

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

29 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

59 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

23 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.