Bestanddele
- 4 stokvisfilette, sonder vel
- 30 ml (2 e) Thai-groenkerrie-pasta
- 180 ml (3/4 k) koeskoes
- 2 sitroengrasstingels (lemon grass), in die lengte middeldeur gesny
- 50 g kasjoeneute, liggies gerooster
- 30 ml (2 e) sesamsaad
- 250 g ertjies
- 250 g fyn groenboontjies
- 250 g mangetout
- 250 g broccolini
- 1 middelslag-baksakkie
Sous
- 3 knoffelhuisies, fyn gekap
- 5 cm gemmer, gerasper
- 1 groen brandrissie, fyn gekap
- 15 ml (1 e) sojasous
- 5 ml (1 t) sesamolie
- 5 ml (1 t) vissous
- 5 ml (1 t) heuning
- 15 ml (1 e) lemmetjiesap
- 250 ml (1 k) klapperroom
Metode
Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Vryf die groenkerriepasta oor die vis en geur met sout.
- Sit die baksakkie in ’n oondpan, gooi die koeskoes daarin en sit die vis op die koeskoes. Voeg die sitroengras by.
- Meng die sousbestanddele in ’n bakkie en gooi oor die vis en koeskoes.
- Strooi die sesamsaad en neute en groente oor die vis.
- Geur met sout en knoop die sakkie toe. Bak vir 15 min.