’n hand vol elk vars kruisement en koljanderblaar, gekap
60 ml sesamsaad en 60 ml grondboontjies, liggies gerooster
Instructions
Slaaisous
Meng 60 ml lemmetjiesap, 15 ml bruinsuiker, 15 ml vissous, 10 ml sojasous, 30 ml water, 1 fyn gekapte brandrissie, 10 ml fyn gekapte gemmer, 10 ml fyn gekapte knoffel, 30 ml gekapte vars koljander en 10 ml sesamolie.
Sit al die bestanddele in ’n slaaibak en roer goed deur.
Braai die hoenderborsies in die ekstra olyfolie vir 5 min. aan ’n kant tot goudbruin en gaar.
Laat effens afkoel en skeur met jou vingers in repies.
Meng die hoender deur die slaai en sprinkel die slaaisous oor, meng deur en verdeel tussen agt weggooibare bakkies.