Thaise slaai
Ingredients
- Slaai
- 2 hoenderborsies
- 10 ml knoffel, fyn gekap
- 10 ml gemmer, fyn gekap
- 10 ml heuning
- 15 ml olyfolie
- 1 klein pers kool, fyn gesny
- 1 klein groen kool, fyn gesny
- 1 groot wortel, geskil en gerasper
- 3 murgpampoentjies, in ringetjies gesny
- ’n hand vol elk vars kruisement en koljanderblaar, gekap
- 60 ml sesamsaad en 60 ml grondboontjies, liggies gerooster
Instructions
Slaaisous
Meng 60 ml lemmetjiesap, 15 ml bruinsuiker, 15 ml vissous, 10 ml sojasous, 30 ml water, 1 fyn gekapte brandrissie, 10 ml fyn gekapte gemmer, 10 ml fyn gekapte knoffel, 30 ml gekapte vars koljander en 10 ml sesamolie.
- Sit al die bestanddele in ’n slaaibak en roer goed deur.
- Braai die hoenderborsies in die ekstra olyfolie vir 5 min. aan ’n kant tot goudbruin en gaar.
- Laat effens afkoel en skeur met jou vingers in repies.
- Meng die hoender deur die slaai en sprinkel die slaaisous oor, meng deur en verdeel tussen agt weggooibare bakkies.
- Sit met klein vurkies aan die kant voor.
Rooi Rose
Lees Meer
Geroosterde aartappel-en-spek-slaai
19/12/2024
Gevulde soetrissieslaai
18/12/2024
Spogspyskaart vir Kersfees
18/12/2024