Thaise hoenderkerrie en geroosterde blomkool deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gilionelle Kaba. Foto: Lee Schwagele
Thaise hoenderkerrie en geroosterde blomkool
Serves: 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Witwortelskyfies (opsioneel)
- 300 g witwortels, geskrop
- 15 ml (1 e) olyfolie
- ’n knypie sout
- Geroosterde blomkool
- 1 blomkoolkop, in blommetjies gebreek
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 40 g botter
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- sout en peper
- Thai-kerrie
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 1 cm vars gemmer, gerasper
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- 1 groen brandrissie, fyngekap
- ½ stingel sitroengras, fyngekap
- 30 ml (2 e) groen Thai-kerriepasta
- 250 ml (1 k) hoenderaftreksel
- 1 x 400 ml-blik klapperroom
- uitgedrukte sap van 1 lemmetjie
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 450 g hoenderfilette (so 4)
- sout en peper
- vars klapperstukke, gerasper
- 1 piesang, in ringe gesny
Instructions
Witwortelskyfies
- Voorverhit die oond tot 150 °C. Sny die witwortels met ’n groenteskiller in dun linte en sit in ’n groot bak met die olie en sout. Meng dit met jou hande sodat die olie en sout die wortels goed bedek.
- Sit in ’n enkellaag op twee bakplate wat met bakpapier uitgevoer is. Bak vir 15-20 min. of tot goudkleurig en bros. Haal uit en hou eenkant.
- Verhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
Blomkool
- Pak die blomkoolblommetjies op die bakplaat. Meng die olyfolie en knoffel, gooi oor die kool, stip met stukkies botter en geur met sout. Rooster vir 25-30 min. of tot goudkleurig en gekaramelliseer.
Thai-kerrie
- Verhit ’n middelslagkastrol oor matige hitte en braai die uie vir 2-3 min. in die olyfolie. Voeg die gemmer, knoffel, brandrissie, sitroengras en die Thai-kerriepasta by. Roer en braai vir 2-3 min.
- Voeg die klapperroom, lemmetjiesap en hoenderaftreksel by en roer deur. Laat prut die sous tot dit effens verdik. Terwyl die sous prut, kan jy die hoender braai.
- Geur die hoender met sout en peper. Verhit die olyfolie in ’n braaipan en braai die hoenderborsies vir 5 min. aan elke kant daarin. Laat rus op ’n klein bakplaat. Vlok die hoender met twee vurke in stukkies. Voeg die hoender by die sous. Sit die kerrie voor met die geroosterde blomkool, piesang, vars klapper en witwortelskyfies.
Catherine Schenck
Lees Meer
Dadelkoek
16/01/2025
Hoender-en-kekerertjie-kerrie
15/01/2025