’n hand vol fyn, Franse boontjies, stingels verwyder
1 rooi brandrissie, in dun skyfies gesny
12 kersietamaties, middeldeur gesny
’n hand vol basiliekruid
’n hand vol kruisement
45 ml (3 e) vars koljanderblare
30 ml (2 e) lemmetjiesap
30 ml (2 e) vissous of sojasous
15 ml (1 e) strooisuiker
1 lemmetjie, in kwarte gesny
Instructions
Verf die steak met die sesamolie en braai oor hoë hitte in ’n verhitte riffelpan vir sowat 3-5 min. aan albei kante tot die graad van gaarheid wat jy verkies. (Indien die steak te dik is, kan jy dit vir sowat 5 min. in ’n warm oond sit nadat jy dit gepanbraai het). Geur met sout. Haal die pan af en hou eenkant.
Kook die aspersies, brokkolini, mange-tout en boontjies vir sowat 1 min. in vinnig kokende water. Dreineer en dompel vir 1 min. in yskoue water. Dreineer.
Verwyder die harde, buitenste gedeelte van die sitroengras en sny in dun skyfies.
Meng die sitroengras en brandrissie. Voeg die tamatie, basiliekruid, kruisement en koljander by. Voeg die lemmetjiesap, vissous en suiker by.
Voeg laastens die aspersies, brokkolini en mange-tout by en meng goed. Sny die steak in papierdun skyfies en voeg by die slaai.