kategorieë: Leef gesondGesondheid

Testosteroonaanvullings vir mans: Is dit iets wat hy moet oorweeg?

Testosteroonaanvullings vir mans: Is dit iets wat hy moet oorweeg? deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/Likoper

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Testosteroonaanvulling doen dit beslis vir mans verby die vyftig-merk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

En nie net vir daardie een ding nie.

Baie mans voel emosioneel goed. “Soos ek altyd gevoel het. My brein is skerp, en ek sien kans vir uitdagings,” soos iemand dit aan dr. Malcolm Sandler, Kaapse endokrinoloog gestel het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ná testosteroon ’n paar jaar gelede algemeen beskikbaar geraak het, was mans nogal geesdriftig oor hierdie bra seer inspuiting. Maar toe bars die bom: vroue op hormoonaanvulling het ’n effens hoër risiko op hartsiektes en borskanker.

Lees ook: 7 maklike maniere om jou hoë bloeddruk te verlaag

Sou testosteroon dieselfde risiko’s vir mans kon inhou, met prostaatkanker as die manlike ekwivalent vir borskanker? Oorhaastigheid met die vrouehormone is verruil vir groter versigtigheid, en verskeie ondersoeke het gevolg, soos die T Trials. Die uitslae hiervan het in 2017 in die New England Journal of Medicine en die JAMA verskyn.

Dit het die vraag verander van “wil hy?” na “durf hy?”

Lees ook: Wat mans by vroue oor seks wil weet en Wat vroue by mans oor seks wil weet

iStock/svetikd

Aan die pluskant

Al die verskille was klein maar nogtans duidelik.

  • Testosteroon help beslis vir libido, begeerte, gereelde aktiwiteit en ereksie.
  • Mans op testosteroon is ’n bietjie fikser en sterker.
  • Mans op testosteroon het energieker en positiewer gevoel, met minder tekens van depressie. Nogtans het testosteroon gemiddeld min invloed op breinfunksie en kognisie (geheue en verbale, visuele, uitvoerende en ruimtelike vermoëns) gehad.
  • Testosteroon het vir meer as die helfte van deelnemers met anemie gehelp, en het hul rooibloedseltelling verbeter.
  • Testosteroon het beendigtheid verbeter, veral van die heup en ruggraat.

Lees ook: 6 redes hoekom seks goed is vir jou

Maar kan sy hart dit vat?

Die groot bekommernis was aanvanklik prostaatkanker. Net drie uit die 790 mans – almal bo 65, en aanvanklik gesond, met geen hartsiekte of prostaatrisiko nie – het prostaatkanker ontwikkel.

Maar twee was op plasebo’s, en het juis nie testosteroon ontvang nie. Kan jy aflei dat testosteroon mans teen prostaatkanker beskerm? Dit tref immers eerder ouer mans wie se testosteroonvlakke tipies laer as dié van jonger mans is. Die navorsers sê die ondersoek het te kort geduur om enigsins so ’n afleiding te maak.

Maar die resultate vir hartrisiko’s was veel duideliker … en kommerwekkender. Binne ’n jaar was daar ’n merkbare opbou van plaak in die hartslagare van 170 mans. Dit kan dui op ’n groter risiko op hartsiektes, hoewel nie noodwendig nie. Stabiele plaak is gewoonlik oukei, maar as dit “lek” of groter raak en die are verstop, kan hy ’n hartaanval kry.

Lees ook: Hoe help jy jou man herstel na ’n hartaanval?

iStock/magicmine Testosteroonaanvullings vir mans

Kan jou man testosteroon waag?

Dit hang af van sy spesifieke gesondheidsprofiel, sê die navorsingspan. Vir iemand met ’n hartrisiko het testosteroon potensieel groot risiko. Vir ’n man met ’n gesonde hartprofiel maar met osteoporose of ’n gebrek aan energie en gedrewenheid kan dit ’n suksesvolle plus wees.

Lees ook: 11 maklike happies vir laer cholesterol

Dr. Sandler sê dit is presies hoekom mans nié sommer op hul eie testosteroonjels of aanvullers moet aanskaf nie.

“Sy dokter moet vooraf sy risiko op hartsiektes en prostaatkanker bepaal, en elke jaar monitor. Ek sal beslis nie testosteroon voorskryf vir mans met ’n effens hoër PSA-telling nie. (Dit dui op ’n risiko op prostaatkanker.)”

“Daarby kan hy en sy dokter nie sommer net aanvaar dat sy testosteroonvlak laag is omdat hy ouer is nie. Baie ouer mans het ’n normale testosteroonvlak. Dit moet vooraf getoets word sodat hy nie onnodig baie testosteroon gebruik nie.”

“Verder is testosteroon nie altyd die beste oplossing nie. As dit vir ’n man oor seks gaan, is viagra-tipe middels heelwat goedkoper en baie suksesvol.”

Lees ook: Hoe om beter oor seks te praat

Wanneer seks seer is

“Maar testosteroon kan nuttig wees. Dit help sommige manlike diabete om hul gewig en veral midrifvet te beheer.”

Lees ook: Jaarlikse mediese toetse wat mans moet ondergaan

iStock/fotoquique

Wat kos dit?

Daar is twee voorskrifmiddels, albei inspuitings. Die duurder een word geleidelik vrygestel en hou die testosteroonvlak stabiel, terwyl die goedkoper een geleidelik uitwerk.

Saamstellingsapteke kan testosteroonjel, gegrond op ’n man se spesifieke testosteroonprofiel, opmaak.

iStock/RyanJLane

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.