Ek dra my hare al vir jare lank in ’n bob, maar so elke nou en dan raak ek verveeld met die styl. Hierdie is ’n maklike styl wat jou sommer dadelik meer glansryk laat voel én lyk (selfs met vuil hare!) Deur Suzanne Kotzé. Video deur Iain Rennie
Die inspirasie
Jennie Garh se haarstyl was die inspirasie. Ons het dit meer eenvoudig gehou sonder die vlegsel. Met ’n vorige geleentheid (foto onder) het ek dit egter met die vlegesels ook gedra.
Die span van Stylebar wys ons hoe
Wat jy benodig
- Rollers
- Pluiskam
- Haarsproei
- Haarknippes