kategorieë: Ons menseBekendes

“Terug skool toe”-dag

Ons deel ’n paar bekendes se sosiale media-foto’s van hul kinders se eerste skooldag van 2018.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Heinz en Alette Winckler se drie kinders is almal terug skool toe en hierdie trotse ouers het ook hul sosiale media-blaaie gebruik om ander ouers wat hul kinders terug skool toe stuur, sterkte toe te wens.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Lees ook hier oor Heinz en Alette eersteling, Lian, se eerste graad een-dag

Lees hier oor Alette en Heinz se hernuwing van hul troubeloftes

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sanger Jak de Priester se dogtertjie Mija is vandag vir die eerste keer skool toe. Hierdie trotse pa het sy graad-eentjie sterkte toegewens vir haar eerste dag by skool – lees sy boodskap onder.

Aktrise Marisa Drummond se Annabel is ook ’n graad-eentjie en lyk baie opgewonde vir die groot dag.

Christi Panagio het ’n Instagram-post gedeel om haar en manlief, Nico Panagio, se twee dogtertjies sterkte toe te wens met hul eerste skooldag. Evah gaan graad twee toe en Shay sal hierdie jaar met Graad R begin.

Christi was ons voorbladvrou vir Maart 2017. Loer hier agter die skerms

Sjef Siba Mtongana het ’n foto gedeel van haar en haar twee seuntjies op pad skool toe. Volgens haar was hulle baie opgewonde om hul maats weer te sien, maar sy wonder of hulle besef hulle sal albei nuwe onderwysers en klasmaats hê …

Minki van der Westhuizen en Ernst Joubert se oudste, Katerien, is op pad kleuterskool toe. Hierdie paartjie verwag hul derdeling in Maart, so hulle sal nog baie eerste skooldae deurmaak.

Lees hier oor die keer wat Minki vir die eerste keer ma geword het

Minki is baie dankbaar vir haar ma – lees hier om te sien wat sy sê

Lees hier om te hoor wat Minki vertel oor moederskap

Model LeeAnn Liebenberg se se oudste, Gabrielle, is vandag ook graad een toe – en lyk baie opgewonde daaroor!

Rachel Kolisi het ’n foto gedeel van haar man, die Springbok Siya Kolisi, se jonger broer wat vir sy eerste dag by Grey College aanmeld en dus in sy ouboet se groot skoene volg.

… en laastens het Willem Botha ’n foto gedeel om alle ouers wie se kinders vandag weer met skool begin, sterkte toe te wens en om te verseker dat mense ’n bietjie glimlag.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

4 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

6 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

7 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.