Terug na die negentigs: Watter Spice Girls-styl pas by jou? deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Greatstock/Camerapress
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Gerri Halliwell (Ginger Spice)
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Nog voor bekende modehuise en ontwerpers t-hemde met kontroversiële slagspreuke op hul loopplanke vertoon het, het hierdie rooikop talle kere uitrustings gedra wat met vrouebemagtiging vereenselwig kon word. Woorde soos “Girl Power” het gereeld op haar uitrustings verskyn. Sy het ook graag met waaghalsige rokkies en lae halslyne die verhoog aangedurf. Volgens haar het die uitrustings haar eerder soos ’n sterk vrou laat voel as skandalig.
Lees ook: Jy kan helder kleure dra
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Melanie Brown (Scary Spice)
Dieredrukwerk was hierdie Spice Girl se ikoniese voorkoms. Of sy nou in ’n monokoroom sebradruk of in kleurvolle luiperddruk verskyn het, het haar styl perfek by haar bynaam, Scary Spice, gepas. Die besige patrone het saam met haar woeste krulle aandag getrek. Sy was ook lief vir die weermagtrend met sy kamoefleerbroeke en bonkige stewels. Dit het sy dikwels saam met ’n kort toppie of bra gedra – vreesloos en vry!
Emma Bunton (Baby Spice)
Baby Spice was seker vir die meerderheid van ons tydens ons jonger jare ’n gunsteling. Met haar blonde boksterte en kleurryke rokkies was haar styl oulik, vroulik en prettig. Sy was gereeld in pienk satynrokkies te sien, maar dit was die blink platformstewels wat eintlik aandag getrek het. Later het haar bandjie-top-en-denimstyl ook ’n gewilde voorkoms geword as ’n alledaagse uitrusting.
Victoria Beckham (Posh Spice)
Victoria Beckham het nog altyd daarvan gehou om haar kurwes te beklemtooon en hoewel haar klerereeks vandag meer ’n lospassende snit het, is die beklemtoonde middel en dun enkels steeds sigbaar. Tydens haar Spice Girls-jare is Victoria dikwels in noupassende klere gesien wat elke bate van haar fietse lyfie omvou. Sy het ook van leerpakke en kort rokkies gehou wat sy saam met hoëhaksandale gedra het. Haar uitrustings het die illusie van lang, slanke bene geskep, wat vir Victoria baie belangrik was (en steeds is!) omdat sy een van die korter Spice Girls was.
Melanie Chisholm (Sporty Spice)
As dit by sportdrag kom, is hierdie Spice Girl voor in die koor. Haar voorkoms slaan vandag die spyker op die kop met die athleisure-styl wat nou so gewild is. Melanie het grootgeword in die platteland en as sy saam met vriende gekuier het, was sy altyd in gemaklike klere soos ’n sporttoppie uitgerus. Toe sy London toe trek, het sy die meeste van haar tyd in dansklasse deurgebring en het dus vanselfsprekend in sweetpakke geboer. Haar verhoogvoorkoms beeld presies daardie gemaklike voorkoms uit.
Lees ook: Heupsakkies is terug
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.