kategorieë: Ons menseBekendes

Terug in die kollig: Heléne Lombard in ‘Binnelanders’ as Rentia Smit te sien

Heléne Lombard, wat veral bekend is vir haar ikoniese rol as Sandra Stutterheim in 7de Laan, het vandeesweek haar terugkeer na die televisie in Binnelanders gemaak. Nadat sy ’n blaaskans geneem het om op haar gesin te fokus, tree sy terug in die kollig, tot groot opgewondenheid van haar aanhangers. Heléne het ’n ryk geskiedenis in toneelspel, met rolle in gewilde reekse, soos Generations, Donkerland, en meer, en was ook die aanbieder van die leefstylprogram Boerediva.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nou sluit sy by die rolverdeling van Binnelanders aan as Rentia Smit, die ma van Tracy, vertolk deur Melinda Viljoen. Hierdie stormagtige ma-en-dogter-verhouding beloof om vir hope spanning in die gewilde sepie te sorg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Rentia Smit is ’n komplekse karakter — ’n vrou wat ’n moeilike huwelik en ’n gespanne verhouding met haar kinders verduur het. Hoewel sy nou ’n lewe van finansiële gemak geniet, dra sy die skuld dat sy as ’n ma misluk het, veral met Tracy. Met haar uitgesproke geaardheid en ’n tikkie humor gaan Rentia vir seker opslae in Binnelanders maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: Verskaf/kykNET

Noudat Heléne Lombard weer op ons skerms te sien is, het ons die kans gehad om meer te wete te kom oor haar nuwe rol, haar terugkeer na toneelspel en wat kykers van Rentia kan verwag.

Wat het jou na die karakter van Rentia Smit aangetrek, en by watter aspekte van haar storie vind jy die meeste aanklank?

Die storielyn het my dadelik geïnteresseer. Dis altyd moeilik om ’n nuwe karakter voor te stel, maar in Rentia se geval is daar al ’n geskiedenis. Die vervreemde ma-en-dogter-verhouding was vir my ’n goeie wegspringplek met soveel diepte, emosie en potensiaal vir great tonele.

Rentia het ’n komplekse verhouding met haar dogter, Tracy. Hoe was dit om saam met Melinda Viljoen te werk?

Dit was so lekker en maklik! Sy is ’n wonderlike aktrise wat so baie gee en is ’n sagte, gawe mens. Sy het heeltyd gesê ek laat haar aan haar ma dink. Dit was ’n kompliment!

Lees ook: 10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

Jy het ’n blaaskans van toneelspel gehad om op jou gesin te fokus. Hoe was jou tyd weg en waarmee was jy besig?

Dit was en is die beste, beste tyd ooit! Daar is vir my niks lekkerder as om saam met my seuns goed te doen nie. Ek geniet elke fase van my kinders se lewens en ek voel so bevoorreg om daar vir hulle te kan wees en saam met hulle tyd te kan bestee.

Het jy die intensiteit van karakters soos Sandra Stutterheim in 7de Laan tydens jou blaaskans gemis? Hoe vergelyk Rentia met jou vorige rolle?

Rentia is glad nie street smart nie. Sy vertrou mense maklik en is eintlik baie naïef. Sy is heeltemal anders as die sterk Sandra.

Foto: Cornél van Heerden

As iemand wat al ’n wye reeks rolle vertolk het, het jy enige droomrolle of -genres wat jy nog graag sal wil verken?

Vir my is elke rol soos ’n nuwe, toegedraaide suigstokkie. Soos jy daaraan suig, ontdek jy diepte. Vir my gaan dit meer oor of die teks en storielyn goed is, en nie noodwendig oor ’n spesifieke karakter of genre nie.

Watter boodskap of les hoop jy neem kykers weg van Rentia se storielyn in Binnelanders?

Ek hoop die kykers neem weg dat verhoudings belangriker as situasies is. Kommunikasie is die sleutel. Ek dink die kykers gaan eers nie weet wat om van die storie te maak nie. Daar is ’n klomp wendings op pad!

Lees ook: Tweede seisoen van ‘Een keer om die son’ amptelik in die pyplyn

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Zandvliet vier 50ste oes

Deur Clifford Roberts. Foto’s: Clifford Roberts      Zandvliet Wynlandgoed in die Breederiviervallei het rede…

16 hours Gelede

Marmelade-en-klapper-koekies

Maak 16 snytjies   Bestanddele   Onderlaag 250 ml (1 k) sagte botter 140 ml…

17 hours Gelede

MSI: Meer as net speletjies – ontmoet die Modern 14 F-reeks

Krag, styl en draagbaarheid vir die moderne beroepsman of -vrou   MSI is al jare…

20 hours Gelede

Margaret oor selfvertroue & snedige kommentaar: ‘Ek’s benoud vir wat mense oor my gaan skryf’

Deur Margaret Gardiner. Foto's: Willem Botha.     Ek het Augustusmaand verlede jaar die eer…

23 hours Gelede

Hoe voel dit as jy ’n katarak of gloukoom het?

Hoe voel dit as jy ’n katarak of gloukoom het?   Die meeste van ons…

2 days Gelede

Mediterreense groentetert

Terte het ’n gedaantewisseling ondergaan. Hier is ’n groentetert met ’n twist! Resep deur Vickie…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.