kategorieë: DieetGesondheid

Terme wat jy moet ken as jy of jou kind allergies vir melk is

Terme wat jy moet ken as jy of jou kind allergies vir melk is deur Salomé Delport.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As jy allergies is …

Hoe ernstiger jou allergiese reaksie, hoe belangriker is dit dat jy spesifiek die bestanddelelys deurgaan van elke kositem wat jy koop én die terme ken wat met jou spesifieke allergie verband hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit is nie altyd maklik nie: eerstens moet jy al die tegniese terme onthou. Daarby verskyn die lys van bestanddele meestal in sulke klein letters dat jy omtrent ’n vergrootglas nodig het om dit te lees. Maar doen die moeite om daarna te soek – dit is meestal agterop die etiket.

Lees ook: Kosallergie – wat beteken hierdie uitslag?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoekom is dit belangrik?

Kositems word deesdae uit ’n verskeidenheid bestanddele saamgestel, wat beteken dat die item waarvoor jy allergies is heeltemal onverwags in van malvalekkers tot slaaisouse kan opduik. ’n Kaapse ma het onlangs amandelmelkpoeier vir haar tweejarige dogtertjie gekoop, en op grond van die produknaam aangeneem daar sou geen koeimelk daarin wees nie. Maar daar was kaseïen in – waarop haar dogtertjie erg gereageer het.

Wie sou kon dink dat ’n produk wat homself beskryf as “almond milk”, “lactose-free” en “made with soy” wel melk in een of ander vorm bevat?

As jou kind allergies vir melk is, is dit jou werk as ma om al die alternatiewe terme vir melk te ken.

Alternatiewe terme vir melk

Ons gee die Engelse terme sodat jy dit maklik op die bestanddelelyste van kos kan uitken.

  • Casein, Caseinate
  • Whey
  • Curd
  • Milk hydrosylate
  • Lactulose
  • Lactalbumin
  • Lactoglobulin
  • Milk derivative
  • Milk solids
  • Milkfat, butterfat (minder mense is hiervoor allergies, maar maak seker)
  • Lactose (melksuiker) (Mense is nie allergies hiervoor nie maar dit veroorsaak by ’n heeltemal ander groep mense spysverteringsprobleme, soos winderigheid en diarree.)
  • Alles wat tipies van melk gemaak is, soos custard, yoghurt, ice cream, cheese, cheese sauces, cream, sour cream, crème fraîche, cultured cream.

Lees ook: 11 plaasvervangers vir melk waarvan mense met laktose-intoleransie moet weet

Soveel kinders is allergies

As jy allergies is vir koeimelk is die kans goed dat jy ook vir die alternatiewe van melk allergies is. Laat jou toets en maak seker wat regtig vir jou werk. Soveel kinders uit elke honderd is allergies vir die volgende melkalternatiewe:

  • Koeimelk 2-7 uit 100
  • Amandelmelk 1 uit 100
  • Sojamelk 1 uit 100
  • Bokmelk 25% tot 90% van kinders wat allergies is vir koeimelk is ook vir bok- en skaapmelk allergies.

Hooffoto: Pixabay

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

12 mins Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

23 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

24 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.