Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Tempura-calamari
200 g (1 pakkie) Asian Home Gourmet Tempura Batter Mix
310 ml (1¼ k) yskoue water
1 eiergeel
groente-olie vir diepbraai
500 g rou calamariringe, ontvries en met kombuispapier drooggeklad
125 ml (½ k) koekmeel
Maldon- of gewone sout
1 suurlemoen, in wiggies gesny
Oosterse doopsous
Meng die sap van 2 lemmetjies met 60 ml (¼ k) olyfolie, 5 ml (1 t) John West Chillies, 20 ml (1 e + 1 t) bruinsuiker, 60 ml (¼ k) sojasous, 30 ml (2 e) oestersous, 5 ml (1 t) vissous, 15 ml (1 e) Thai Sweet Chilli-sous en ’n hand vol gesnyde vars koljander.
Jy kan klaargemengde tempura koop of jou eie maak.
Instructions
Tempura-calamari
Sit die tempuramengsel in ’n diep mengbak. Gooi die water stadig by en klop tot goed gemeng. Voeg die eiergeel by en meng goed.
Verhit genoeg olie in ’n groot kastrol oor matige hitte.
Druk die calamari met kombuispapier droog en rol in die koekmeel. Doop in die tempura-mengsel en diepbraai in sarsies tot goudbruin.
Sprinkel Maldon-sout oor en sit voor met die Oosterse doopsous en suurlemoenwiggies.