Tempura-calamari met Oosterse doopsous
Serves: Genoeg vir 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Tempura-calamari
- 200 g (1 pakkie) Asian Home Gourmet Tempura Batter Mix
- 310 ml (1¼ k) yskoue water
- 1 eiergeel
- groente-olie vir diepbraai
- 500 g rou calamariringe, ontvries en met kombuispapier drooggeklad
- 125 ml (½ k) koekmeel
- Maldon- of gewone sout
- 1 suurlemoen, in wiggies gesny
- Oosterse doopsous
- Meng die sap van 2 lemmetjies met 60 ml (¼ k) olyfolie, 5 ml (1 t) John West Chillies, 20 ml (1 e + 1 t) bruinsuiker, 60 ml (¼ k) sojasous, 30 ml (2 e) oestersous, 5 ml (1 t) vissous, 15 ml (1 e) Thai Sweet Chilli-sous en ’n hand vol gesnyde vars koljander.
- Jy kan klaargemengde tempura koop of jou eie maak.
Instructions
Tempura-calamari
- Sit die tempuramengsel in ’n diep mengbak. Gooi die water stadig by en klop tot goed gemeng. Voeg die eiergeel by en meng goed.
- Verhit genoeg olie in ’n groot kastrol oor matige hitte.
- Druk die calamari met kombuispapier droog en rol in die koekmeel. Doop in die tempura-mengsel en diepbraai in sarsies tot goudbruin.
- Sprinkel Maldon-sout oor en sit voor met die Oosterse doopsous en suurlemoenwiggies.
Rooi Rose