80 ml (⅓ k) ryswynasyn (beskikbaar by die meeste supermarkte)
60 ml (¼ k) water
30 ml (2 e) strooisuiker
15 ml (1 e) sojasous
Tempoeradeeg
75 g koekmeel
75 g mielieblom
knypie sout
1,25 ml (¼ t) koeksoda
2,5 ml (½ t) sout
250 ml (1 k) sodawater
1 eiergeel
10 aspersies
6 klein eiervrugte, in die lengte deurgesny
6 klein reënboogwortels, in die lengte deurgesny
6 broccolini, in die lengte deurgesny
6 fyn boontjies
6 klein mielies, in die lengte deurgesny
1,25 liter (5 k) sonneblomolie vir diepbraai
Instructions
Soetbrandrissiesous
1 Verhit al die bestanddele oor lae hitte in ’n middelslagkastrol. Roer die mengsel tot die suiker opgelos is. Verhoog die hitte en kook die mengsel vir 5-10 min. Laat die sous afkoel en hou eenkant tot benodig.
Tempoera
1 Meng al die droë bestanddele in ’n mengbak en maak ’n holte in die meel. Klits die eiergeel saam met die soda-water en voeg in die holte by die droë bestanddele. Klits alles saam en maak seker daar is nie klonte nie.
2 Verhit die olie tot 180 ˚C in ’n groot kastrol. Doop die groente in die beslag en diepbraai vir 5 min. of totdat die groente bros voorkom. Sit met die soetrissiedoopsous voor.