kategorieë: Ontspanning

Tekstiele eer vakmanskap én Afrika-landskappe

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Maryke Roberts & verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Al hul produkte is 100% katoen wat in Kaapstad geweef word. Dis tydens ‘n intieme geleentheid in hul Kaapstad-tak gevier.

Die Safari Collection vier die hart van Afrika met twee ontwerpe: “Bold Zebra” en “Graceful Giraffe” en die Kelp Collection is deur die Kaapse kus inspireer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Franse entrepreneur, Christine Daron, is die stigter van die maatskappy en het in 1997 na Kaapstad verhuis. Afrika het haar hart gesteel en sy wou die landskappe en kleure van die kontinent op tekstiele verewig. Sy stig African Jacquard in 2014 en haar eerste produk is ‘n afdroogdoek waarop sy die land se stede en hul energie verewig. Nou – ‘n dekade later – is African Jacquard se ontwerpe en kwaliteit weefstof wêreldbekend en vele luukse lodges spog met haar handewerk.

Die twee formidabele vroue agter African Jacquard se sukses is Donna en Christine.
Die onderneming se tien jaar geskiedenis is met geraamde foto’s en kort beskrywings teen die winkel se gangmuur uitgestal.

Donna Allin is die besturende direkteur en het in 2020 by die onderneming aangesluit. Sy het meer as ‘n dekade se tekstiel-ervaring en het met die land se voorste verskaffers gewerk. Danksy haar voortgesette bemarking, is African Jacquard in meer as 25 lande beskikbaar en die span het uitgebrei tot meer as 25 werknemers.

Die handelsmerk open in 2021 hul eerste winkel en nie lank daarna nie, is hul produkte in Parys en New York op almal se lippe.

Die twee vroue se voortgesette belegging in Suid-Afrikaanse vakmanskap, het ook weer ‘n hernieude kollig op die ondersteuning van plaaslik-vervaardigde produkte geplaas.

Dit bring die kleurryke tapeserie van Afrika se landskappe en die vindingrykheid van plaaslike tekstiel-ontwerpers en uitstekende vakmanskap en kwaliteit produkte byeen.

Die historiese gebou in Kaapstad waar African Jacquard se Kaapstad-tak geleë is, het ware diepte aan die uitstalling van die nuutste versamelings verleen. Hier is die Safari-versameling teen ‘n Bosveld-agtergrond uitgestal.more

‘n Jacquard-weeftafel is ‘n tipe weeftafel, wat ‘n gespesialiseerde meganisme gebruik om individuele drade in ‘n lap te beheer, wat toelaat dat komplekse patrone en ontwerpe geweef word. Dit is in 1804 deur Joseph Marie Jacquard in Frankryk ontwerp en het ‘n tekstiel-rewolusie teweeg gebring deur geponsde kaarte te gebruik om die op- en af beweging van drade te beheer.

Hierdie innovasie het die skepping van ingewikkelde patrone en teksture moontlik gemaak, wat voorheen moeilik of onmoontlik was om met tradisionele weeftafels te bereik. Hierdie metode vorm die grondslag van African Jacquard se werk, en vermeng die noukeurige tegnieke van Franse weefwerk, met duidelike Afrika-stories en -ontwerpe.

Die Safari-versameling word geweef met ‘n verskeidenheid aardse kleure wat hulde bring aan die streek se unieke omgewing. Die reeks bestaan uit oorgooidekens, kussings, strand-/badhanddoeke en afdroogdoeke in.

“Die Safari-versameling verteenwoordig soveel meer vir ons span as net tekstiele,” sê Christine. “Dit is ons vreugdevolle viering van die vasteland se asemrowende natuurlewe, lewendige landskappe en die avontuurlike gees wat ons vaderland definieer.” “Alles wat ons in ons versamelings skep, is ‘n embleem van die verre uithoeke van Afrika. Ons wou dit alles weer huis toe bring – terug na Suid-Afrika,” voeg Donna by.

The Kelp Forest-versameling is met ekovriendelike vesels wat met seewier verryk is, geweef. Dis deur Afrika se pragtige kuslyn inspireer en bring hulde aan wandelings langs die see en Kaapstad se pragtige seewier-woude waarvan die beweging en natuurlike ritme op die ontwerpe weerspiel word.

Deel van die versameling is die beperkte uitgawe van die SeaCell ™ -kombers, wat met SeaCell en linne geweef is. SeaCell is ‘n gepatenteerde, ekovriendelike lap wat organiese seewier en die selle van berke- en bloekombome verweef. Hoewel SeaCell geskoei is op antieke weeftegnieke, is dit ‘n volhoubare, futuristiese metode, wat sagte materiaal wat lug deurlaat en ‘n sagte afwerking verseker.

Met die onderneming se tiende bestaansjaar, is die Kelp Forest-versameling ook ‘n mylpaal in hul voortgesette toewyding tot vakmanskap en hul liefde vir die Afrika kontinent.

Gaste hoor meer oor die nuutste versamelings tydens die bekendstellingsfunksie.
Een vertrek is in ‘n slaapkamer omskep met die Kelp Forest-versameling uitgestal.

“Daar is baie voordele om met SeaCell™ te werk; dit is eko-vriendelik, nie-giftig en goed vir jou vel omdat die voedingstowwe van die seewier binne die vesel behou word, wat onder meer vitamien E, yster, kalsium en magnesium insluit,” verduidelik Donna.

Die Kelp Forest-versameling sluit kussings, oorgooidekens en tafellinne in.

African Jacquard se tak in Kaapstad, waar die bekendstellingsfunksie gehou is.

Die twee nuwe versamelings is by African Jacquard-takke in Kaapstad en Stellenbosch, asook by uitgesoekte handelaars regoor die wêreld en aanlyn by www.africanjacquard.com verkrygbaar.

Lees ook: Jy en jou bra: 5 algemene wanopvattings

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

1 week Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

1 week Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

1 week Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

1 week Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

1 week Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.