Die veldtog gee jou die keuse om met jou voete te wys watter verdienstelike saak jou na aan die hart lê. Kies jou plakker, tooi jou tekkies met ’n paar prettige Tekkie Tax-veters, dra jou tekkies en siedaar! Jy is reg vir Nasionale Tekkie Tax Dag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }As jy nie heeltemal seker is hoe die projek werk nie, luister na Die Flooze en Lloyd Cele en jy sal binne 30 sekondes die hele prentjie hê.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die projek is in 2013 begin toe van ons land se grootste en mees geloofwaardige welsynsorganisasies kragte saamgesnoer het om een groot fondsinsamelingsprojek van stapel te stuur. Die veldtog word hierdie jaar onderskryf deur 12 nasionale welsynsorganisasies wat altesaam meer as 1 000 plaaslike organisasies verteenwoordig.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Quinne Brown en Tokkels
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Annelise de Jager, stigter en beskermvrou van die projek sê: “Tekkie Tax het reeds R22.1 miljoen ingesamel sedert die ontstaan daarvan en die verskil wat dit op grondvlak in ons land gemaak het is ’n riem onder die hart. Onder al die lawwighede en verspotte skoenverters is dit ’n baie ernstige saak”
“Tekkie Tax se geld gaan gebruik word om melk en kos vir 30 babas te koop.”
“Ons het ’n tafeltennisstel gekoop vir ons kinders met autisme.”
“Tekkie Tax se bydrae het gehelp dat ons toiletware vir ons gestremde inwoners kon koop.”
“Tekkie Tax se geld het gehelp om ons voedingskema by die skool aan die gang te hou.”
Daar is geen verskoning om nie vanjaar deel te neem nie. Die plakkers (R10 elk) en veters (R35 elk) is beskikbaar by alle ToysRUs/BabiesRUs en Clicks-winkels. Daar is meer as 270 plaaslike welsynsorganisasies wat dit verkoop en saam is hulle van plan om die hele Suid-Afrika deel van die projek te maak. Bestellings kan ook gemaak word op die Tekkie Tax-webblad.
Sit ’n hop in jou skop en dra jou Tekkies op Nasionale Tekkie Tax Dag – Vrydag, 26 Mei 2017! Alles ten bate van weerlose mense en diere.
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Hierdie webwerf gebruik koekies.