kategorieë: InspirasieJou lewe

Tekkie-taktiek

Annelise de Jager is ’n veelsydige vrou, maar liefdadigheid is haar groot passie. En haar missie is om organisasies sakevernuf te leer sodat geld vir liefdadigheid optimaal bestuur word. “Welsyn raak almal. Ons moet almal saamwerk om vir die groter gemeenskap te sorg.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

En as daar een is wat kan organiseer en lei, is dit hierdie oud-maatskaplike werker wat al verskeie toekennings vir haar vernuf as sakevrou en geldinsamelaar gekry het. “Ek het deur die jare gesien daar is ’n groot behoefte by welsynsorganisasies om deel van ’n groter, oorkoepelende projek te wees waar hulle kundigheid deel. Dan kan almal  met minder risiko deelneem. Boonop raak die publiek  moedeloos met organisasies wat swaarverdiende geld weens swak administrasie verloor. As ek op vergaderings met welsynsorganisasies vra hoeveel van hulle al verliese gely het, steek ’n klomp hul hande op.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Mense kan ’n projek met die edelste voornemens bedryf, maar as hulle nie ’n kop vir besigheid het nie, is die kans op verliese groot. Elke projek kos geld en energie en kan veel doeltreffender bedryf word as dit deel van ’n groter netwerk is. Ons gooi daardie energie saam en sorg dat almal spaar.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis ook vir haar belangrik om toe te sien dat mense wat welsynsorganisasies beman nie vuisvoos raak weens die moeilike omstandighede waarin hulle werk nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Hul eie bekers word leeg en ek sorg dat hulle bemagtig word om na hulself om te sien.”

Met Tekkie Tax gee sy vir ’n welsynsorganisasie ’n raamwerk – met ander woorde ’n geleentheid op geldinsameling. “Deur my NPO-bemagtigingsprogram lei ek mense op en hulle trek ’n voordeel uit ons gemeenskaplike geriewe en kennis. Die belangrikste mikpunt is dat die organisasies moet leer om hul dienslewering as ’n sakeonderneming te bedryf. En opleiding is nie eenmalig nie, ons volg deurentyd op om te sien of organisasies toepas wat hulle in ’n werkwinkel geleer het. Iets soos bemarking en die hantering van databasisse is van kardinale belang as jy winsgewend wil wees.

“Die welsynskultuur is ‘Jy gee vir my’. Ek sê nee, welsynsorganisasies moet waarde toevoeg tot die maatskappy wat aan hulle geld skenk. Almal kla ons is in ’n resessie en dat daar nie geld vir welsyn is nie. Ek  weet daar is baie geld beskikbaar. Tussen die 104 grootste maatskappye in die land het hulle verlede jaar R7,8 miljard beskikbaar gehad om aan welsyn te bestee.”

Sy leer welsynsorganisasies om die kopskuif te maak en te kyk hoe hulle vir die maatskappy iets kan teruggee om die skenking te regverdig. Hoe hou sy al die balle in die lug? “Met groot moeite”, sê sy ná ’n lang stilte. “My man gee my baie ruimte en help ook baie met ons 14-jarige seun. Ek probeer smiddae beskikbaar wees om sportbyeenkomste by te woon en sit dikwels in die motor langs die sportveld en beantwoord e-posse terwyl ek vir sy wedstryd wag. Dan werk ek saans ná agt om die ure in te haal en staan soggens vroeg op. Ek glo ook jy moet áán jou besigheid werk, eerder as ín jou onderneming.

“Ons gesin gaan gereeld weg en ek geniet die tyd wat ek op my motorfiets, ’n BMW F800 ST, kan deurbring.”Annelise se wenke: “Dit strek niemand tot voordeel as jy gemiddeld is nie. Jy moet ’n duidelike visie hê, dan kan jy ’n impak maak. En jy moet die ekstra myl loop en dapper besluite kan neem.”

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

6 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

7 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

7 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

7 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

7 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.