kategorieë: Nuut & NouKos

Teetyd

Moenie die waarde van ’n koppie tee onderskat nie, want daarmee les jy veel meer as jou dors. In China word ’n koppie tee so hoog aangeskryf dat die mense mekaar op straat groet met “het jy al tee gehad?” In Japan is die teedrinkseremonie ’n kunsvorm wat jare se opleiding verg sodat tee op ’n perfekte, grasieuse en bekoorlike manier voorgesit kan word. Hier by ons is tee ook deel van ons daaglikse roetine, maar meestal jaag ons dit af en gooi sommer die sakkie saam met die melk en suiker in die koppie. Maak weer daarvan ’n tydsame seremonie en skink vir jou mense tee in delikate teekoppies en voorgesit op ragfyn tafellinne.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maak seker jy is vertroud met al die moets en moenies voor jy ’n teepartytjie aandurf:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • Kies jou teepot met oorleg. ’n Goeie teepot moenie te swaar wees aan die bokant nie en die tee moet vrylik deur die tuit vloei. Die handvatsel moet gerieflik vashou – bind altyd ’n servetjie om die handvatsel sodat jy jou nie met die skinkslag brand nie.
  • Tee word tradisioneel met koue melk en wit suiker of met suurlemoen aangebied. Druk ’n naeltjie in die suurlemoen, want dit komplementeer die smaak van die tee. Sorg ook vir ekstra warm water saam met die tee omdat almal nie hul tee ewe sterk drink nie.
  • Gooi eers die melk in die koppie, dan die tee. So kan jy die sterkte van die tee bepaal en dit voorkom ook sommer dat die tee die koppies vlek.

Tee van gehalte

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dilmah, een van die toptienteehandelsname in die wêreld, is nou in Suid-Afrika te kry. Dilmah Single Origin 100% Pure Ceylon word in Sri Lanka vervaardig en verpak wat gehalte, smaak en varsheid waarborg. Die Dilmahreeks bevat meer as drie honderd verskillende variëteite wat groen tee, gegeurde swart tee, kruietee en selfs boetiektee insluit en is by Pick ’n Pay beskikbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Eksklusiewe bloeiseltee. Die tee is ’n moet vir enige teepartytjie en sal almal aan die klets kry. Bloeiseltee is ’n balletjie wit tee wat teekunstenaars met die hand om ’n blom vasbind en daarna word dit gedroog. Wanneer kookwater oor die tee gegiet word, vou die teeblare stadig oop om die delikate blom en geur vry te stel. Die teeblare en blomme word jonk gepluk sodat dit die perfekte geur en vorm het. Met name soos Jasmine Fairy, Little Princess, Spring Jewel en Chrysanthemum Love sal dit jou beslis betower. Bel René Barnard by 083 5250 198.

Die Twinings-familie ken hul storie, want dié wêreldbekende Engelse teemaatskappy vier vanjaar sy driehonderdjarige bestaan. Twinings is immers ook ’n staatmaker in 115 lande. Hulle vervaardig meer as twee honderd verskillende soorte tee en hou daarvan om gereeld nuwe eksotiese soorte bekend te stel – van Darjeeling en kafeïenvrye tee tot groen tee en ystee. Twinings se sukses is aan die besondere gehalte van hul tee toe te skryf – dis seker waarom koningin Victoria Twinings in 1837 as die amptelike teeverskaffer van haar huishouding aangestel het.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: teetydkoskas

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

16 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

16 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

17 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

17 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

19 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

20 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.