Koop ’n geurige Oolong-tee soos Vanilla Rose en maak die mooiste jellies daarmee.
20 ml (4 t) poeiergelatien
125 ml strooisuiker
500 ml water
10 ml (2 t) roostee (ons het Origin se Vanilla Rose gebruik)
Instructions
Laat die gelatien vir 5 min. in 60 ml (¼ k) water week tot dit soos ’n spons lyk.
Verhit die water en suiker in ’n klein kastrol oor matige hitte en roer tot die suiker opgelos is. Voeg die tee by en laat trek vir 1-2 min.
Roer die gelatien by die warm vloeistof tot dit gesmelt is. Gooi in 6 mooi jellievormpies met ’n inhoudsmaat van 90 ml. Sit in die yskas vir minstens 2 uur of tot geset.