Tee & Taai Toffies Episode 20: Rolanda Marais, afsydige vriendinne & uitbranding

Tee & Taai Toffies Episode 20: Rolanda Marais, afsydige vriendinne & uitbranding deur Ilse Salzwedel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Ilse Salzwedel is ’n bekroonde joernalis en aanbieder.
Rolanda Marais

Tee & Taai Toffies Episode 20: Rolanda Marais, afsydige vriendinne & uitbranding

Vir Rolanda Marais (wat onlangs te sien was in die internasionale produksie Trackers) was 2019 ‘n besige jaar vol loopbaanhoogtepunte. Maar dit was ook die jaar waarin sy uitgebrand het. Sy gesels met Ilse Salzwedel oor die belangrikheid van balans,die vreugdes van moederskap en haar rol in Poppie Nongena. Hulle beantwoord ook lesersvrae oor ‘n vriendin wat skielik afsydig voorkom, ‘n kind wat sukkel om aan te pas by haar graad en ‘n tiener wat graag wil gaan drama studeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Meer oor Tee  & Taai Toffies

Bekendes soos Ruda Landman, Cindy Swanepoel, Nadia Beukes, Christel van den Bergh, Lindie Strydom en Werner Joubert gesels elke tweede week openhartig met bekroonde joernalis en radio-aanbieder Ilse Salzwedel oor hul doen en late en lief en leed. Boonop gaan hulle probeer om vir luisteraars raad te gee oor hul verhoudings- en lewensprobleme. Gaan dit werk? Luister en oordeel maar! Ons waarborg ’n luisterervaring vol deernis en humor.

’n Nuwe episode word elke tweede week vrygestel word op Woensdae om 09h00.

Luister sommer hier na ons vorige episodes:

Het jy geweet?

Ons het hierdie seisoen 3 podsendings waarna jy kan luister!

Buiten Tee & Taai Toffies, het ons die volgende podsendings:

Meer oor Tussen Ons

In die eerste seisoen gesels ons spesialis-joernalis, Mariette Snyman, elke week met verskeie kenners soos, dr. Jireh Serfontein, dr. Elna Rudolph en dr. Melodie de Jager oor vroue se hartsake, seksuele gesondheid en gelukkige verhoudings. As jy al ooit enige vrae gehad het oor sensitiewe onderwerpe soos pynlike seks, erektiele disfunksie, kontrasepsie, libido, seks en die menopouse, en seksuele etiket, is hierdie reeks vir jou.

Luister hier na Tussen Ons

Botox, Barbies en Bietse

In dié vervolgverhaal deur Martie Swanepoel neem die bekende aktrise en stemkunstenaar Elize Cawood jou op ’n boeiende reis deur Liesl Burger se lewe. Liesl is ’n kunstenaar wat die plooie van haar man se verraad met ’n vintage Barbie uit haar lewe botox. Gedurende die 16 episodes gaan jy elke week saam met haar lag en ’n bietjie huil. En dalk jou vrouwees herontdek … Jy sal dit nie wil misloop nie!

Luister hier na Botox, Barbies en Bietse

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Vinnige salmpasta

Genoeg vir 4. Bestanddele   500 g vars pasta, soos tagliatelle of spaghetti 250 ml…

5 hours Gelede

Hoe om jou hond se ore skoon te maak

Om jou hond se ore skoon te maak is ’n noodsaaklike deel van sy basiese…

6 hours Gelede

Gevulde soetrissieslaai

Bestanddele   3-4 groot rooi soetrissies, middeldeur gesny, en wit vliesies en pitte verwyder. sout…

6 hours Gelede

10 goed wat jy kan doen om slegte gewoontes hok te slaan

Ons almal het een of ander slegte gewoonte. Die goeie nuus is dat jy dit…

8 hours Gelede

Van speelskool na grootskool: 5 wenke

Van speelskool na grootskool: 5 wenke deur Mariette Snyman. Foto Pixabay   Om by die…

8 hours Gelede

Verleng die lewe van jou swembroek

Met die strandseisoen op ons, kyk ons na die moets en moenies om te verseker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.