Tee & Taai Toffies Episode 14: Hannon, oninspirerende klerekaste en persoonlike styl

Tee & Taai Toffies Episode 14: Hannon, oninspirerende klerekaste en persoonlike styl

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Ilse Salzwedel is ’n bekroonde joernalis en aanbieder.
Die Glam Guru, Hannon. Foto: kykNET

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tee & Taai Toffies Episode 14: Hannon, oninspirerende klerekaste en persoonlike styl

In hierdie episode van Tee en Toffies leer ken ons die mens agter die Glam Guru Hannon – en die praatjies oor beessterte (ja, jy het reg gehoor!), haargeheime en skoonheidswenke gaan gepaard met baie pret en heelwat gelag. Hannon en Ilse Salzwedel beantwoord ook lesers se vrae oor kollegas wat nie weet hoe om te grimeer nie, die belangrikheid (of nie) van ‘n persoonlike styl en hoe om jonger te lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Meer oor Tee  & Taai Toffies

Bekendes soos Ruda Landman, Cindy Swanepoel, Nadia Beukes, Christel van den Bergh, Lindie Strydom en Werner Joubert gesels elke tweede week openhartig met bekroonde joernalis en radio-aanbieder Ilse Salzwedel oor hul doen en late en lief en leed. Boonop gaan hulle probeer om vir luisteraars raad te gee oor hul verhoudings- en lewensprobleme. Gaan dit werk? Luister en oordeel maar! Ons waarborg ’n luisterervaring vol deernis en humor.

’n Nuwe episode word elke tweede week vrygestel word op Woensdae om 09h00.

Luister sommer hier na ons vorige episodes:

Het jy geweet?

Ons het hierdie seisoen 3 podsendings waarna jy kan luister!

Buiten Tee & Taai Toffies, het ons die volgende podsendings:

Meer oor Tussen Ons

In die eerste seisoen gesels ons spesialis-joernalis, Mariette Snyman, elke week met verskeie kenners soos, dr. Jireh Serfontein, dr. Elna Rudolph en dr. Melodie de Jager oor vroue se hartsake, seksuele gesondheid en gelukkige verhoudings. As jy al ooit enige vrae gehad het oor sensitiewe onderwerpe soos pynlike seks, erektiele disfunksie, kontrasepsie, libido, seks en die menopouse, en seksuele etiket, is hierdie reeks vir jou.

Luister hier na Tussen Ons

Botox, Barbies en Bietse

In dié vervolgverhaal deur Martie Swanepoel neem die bekende aktrise en stemkunstenaar Elize Cawood jou op ’n boeiende reis deur Liesl Burger se lewe. Liesl is ’n kunstenaar wat die plooie van haar man se verraad met ’n vintage Barbie uit haar lewe botox. Gedurende die 16 episodes gaan jy elke week saam met haar lag en ’n bietjie huil. En dalk jou vrouwees herontdek … Jy sal dit nie wil misloop nie!

Luister hier na Botox, Barbies en Bietse

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

16 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

16 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

1 day Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

1 day Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.