Al die wenners van die 58ste Fleur du Cap Teatertoekennings wat Sondagaand vereer is.
Deur: Maryke Roberts. Foto’s: Maryke Roberts
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Covid het die teaterbedryf baie hard getref en met teaters wat vir bykans 18 maande gesluit was, het 2022 nuwe geleenthede gebring, maar onder baie moeilike omstandighede. Om dus 71 kwalifiserende produksies te kon beoordeel – ’n goeie opstaan na pre-pandemiese vlakke – was vir die beoordelaarspaneel ’n ware voorreg.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die beoordelingspaneel vir die 2022 teaterjaar wat die genomineerdes en wenner gekies het, is Africa Melane (voorsitter), Dr. Beverley Brommert, Hadley Tituss, Dr. Lwando Scott, Mariana Malan, Marina Griebenow, Tracey Saunders en Dr. Wayne Muller.
Voor die toekennings begin het, is daar eers hulde gebring aan al die kunstenaars wat in 2022 en tot op datum oorlede is.
Contested Bodies, was die mees bekroonde produksie vir 2022 en het 16 benoemings ontvang. Dis vervaardig deur Abrahamse en Meyer Productions en het toekennings ingepalm vir beste regisseur – Fred Abrahamse, beste kostuumontwerp – Marcel Meyer en die rolverdeling van Matthew Baldwin, Lungile Lallie en Marcel Meyer het erkenning gekry vir die beste optrede deur ’n ensemble.
JM Coetzee se boek, Life & Times of Michael K is deur Lara Foot vir die verhoog verwerk en het die gesogte Beste Produksie-toekenning ingepalm. Dis ’n gesamentlike produksie tussen die Baxterteater, Theatre der Welt in Düsseldorf en Les Théâtres de la Ville de Luxembourg.
Die toekenning vir die beste vertolking deur ’n akteur is deur oorlede Mncedisi Shabangu ingepalm, vir sy vertolking van Zacharia in Athol Fugard se toneelstuk Blood Knot.
Mwenya Kabwe het die toekenning gewen vir die beste vertolking deur ’n aktrise in ’n toneelstuk vir haar rol as Rosa Feigel in Hold Still, wat ook bekroon is as die beste nuwe Suid-Afrikaanse teks vir die skrywer, Nadia Davids.
Die Mozart-opera, Le Nozze di Figaro, het skoonskip gemaak met Conroy Scott en Brittany Smith wat die toekennings vir die beste optredes in onderskeidelik die kategorieë vir mans en vroue in ’n opera gewen het.
Mikayla Joy Brown van die Universiteit Stellenbosch het die mees belowende studente-toekenning gewen.
Vanjaar se 58ste Fleur du Cap Teatertoekennings is die laaste wat onder die Distell-banier geborg is, omdat die maatskappy oorgekoop is deur Heineken. Van links is Distell-personeellede betrokke by die glansryke geleentheid: Eric Leong Son (waarnemende direkteur: Korporatiewe Aangeleenthede – CARA), Phumza Lungiswa Rengqe (Distell se korporatiewe bemarkingsbestuurder) en Simone Benjamin-Carolissen (projekbestuurder van onder meer die Fleur du Cap Teater-toekennings), tydens die geleentheid.
David Kramer en Peter Cazalet het vanjaar se Lewenslange Bydrae-toekennings ontvang vir hul groot bydrae tot die nasionale en internasionale kuns- en vermaaklikheidsbedryf.
Empatheatre, ’n navorsingsgebaseerde, teatermaak-metodologie het die Innovasie in Teater-toekenning ontvang. Die beoordelaarspaneel het gesê hul vermoë om verbindings tussen mense en plekke te bou en deur hul praktyk van openbare storievertelling en luister is onoortreflik.
Berenice Barbier wen die Beste optrede deur ’n ondersteunende aktrise in ’n toneelstuk vir Who’s Afraid of Virginia Woolf as Honey.
Die kunstenaars wat die aand se vermaak tussen die oorhandigings verskaf het, het onder meer die Imbewu Marimba Band; Hassan Addas Band; Kayline Lavendal Ndhlovu en Zinzi Nogagu; die Mzansi Tenors; Janel Speelman; Zimbini Makwetu en DJ Shelly ingesluit.
Lees ook: Blitsidees met vanielje
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.