Almal weet van TB, maar sal jy dit raaksien as jy of jou kind dit het? Hier is die tekens wat jou moet laat vermoed dat iets skort:
’n Chroniese hoesie
Heeldag, soggens of net snags. Die hoes kan an die begin redelik lig wees. Moenie ‘n hoes wat langer as twee weke aanhou self probeer regdokter nie. Vra jou dokter vir ‘n diagnose.
In ons land word die kans op TB onder middelklas mense geïgnoreer. Vra jou dokter om spesifiek daarvoor te toets. Of laat toets gratis by ‘n munisipale kliniek.
Gewigsverlies
Dit is áltyd te goed om waar te wees as iemand gewig verloor sonder om te dieet.
Nagsweet
Slaapklere, lakens en beddegoed wat soggens papnat van die sweet is verklap nagsweet. Moenie dit ignoreer nie want dit is ‘n teken van gevestigde TB.
*Lees meer oor TB in die Augustus 2014-uitgawe van rooi rose