Suid-Afrika se golden girl, Tatjana Smith (voorheen Schoenmaker), het haar plek in die 100 m-borsslag-eindstryd by die Olimpiese Spele in Parys, Frankryk verseker. Sy is ‘n sterk aanspraakmaker op die goue medalje.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Lees ook: Swemkampioen Tatjana Schoenmaker en Joel Smith hak die knoop in Robertson deur
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Tatjana het vanjaar se Olimpiese Spele met hoë verwagtinge betree, nadat sy ‘n silwer medalje in die 100m-borsslag en ‘n goue medalje in die 200m-borsslag by Tokio in 2020 gewen het.
Sy het Sondag by die Parys La Defense Arena twee skouspelagtige oorwinnings in haar uitdun- en halfeindrondes behaal en haar beste tyd in die item geswem sedert haar prestasie in Tokio drie jaar gelede.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Smith het die eerste plek met identiese tye van 1:05.00 in beide wedrenne behaal – ‘n merkwaardige vertoning van konsekwentheid en uitsonderlike vorm.
Tatjana is die verdedigende kampioen in die 200m-borsslag. (Foto: Maddie Meyer/Getty Images)
Die prestasie plaas haar as ‘n top-aanspraakmaker op die goue medalje in die eindstryd Maandagaand, berig Span SA.
China se Qianting Tang, wat die wêreldranglys met ‘n tyd van 1:04.39 voor die Olimpiese Spele gelei het, het die eerste halfeindstryd met ‘n tyd van 1:05.83 gewen, wat haar algeheel vierde op pad na die eindstryd plaas. Mona McSharry en Lily King is ook aanspraakmakers, met tye van onderskeidelik 1:05.51 en 1:05.64.
Smith het in 2020 by Tokio die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword om ‘n Olimpiese goue medalje in swem sedert 1996 te wen.
Lees ook: Ontmoet die vasberade gimnas wat SA by die Olimpiese Spele gaan verteenwoordig
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…
Genoeg vir 4 Bestanddele 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…
Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…
Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…
Hierdie webwerf gebruik koekies.