kategorieë: Ons menseBekendes

Tatjana sê tata vir swem: “Dit het nooit oor medaljes gegaan nie.”

Tatjana Smith, wat onlangs as Suid-Afrika se suksesvolste Olimpiese Spele-atleet aangewys is, het ná ’n merkwaardige vertoning by die Olimpiese Spele in Parys, haar amptelike uittrede uit mededingende swem aangekondig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die 27-jarige swemmer het haar roemryke loopbaan Donderdagaand met ‘n silwer medalje in die 200m-borsslag afgesluit, sy het nou altesaam vier Olimpiese medaljes – twee goud en twee silwer. Sy het Maandag Suid-Afrika se eerste goue medalje in vanjaar se Spele in die 100 m-borsslag-eindstryd vir vroue gewen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Smith se laaste Olimpiese verskyning was niks minder as dramaties nie. In die opwindende 200 m-borsslag-eindstryd vir vroue, by La Defense Arena het sy die hoogste trappie van die podium net-net gemis en net 0.36 sekondes agter die Amerikaner Kate Douglass geëindig, wat die muur in 2:19.24 geraak het. Die Nederlandse swemmer Tes Schouten het brons ingepalm met ‘n tyd van 2.21.05.

Kaylene Corbett het die sewende plek in die 200 m-borsslag behaal.

“Ek kon nie vir ‘n beter manier gevra het om my loopbaan af te sluit nie, in ‘n baie taai stryd,” het Smith ná die eindstryd gesê.

Smith het oor haar loopbaan besin en beklemtoon dat haar nalatenskap verder as medaljes strek.

“Dit was nog nooit daaroor [medaljes] nie,” het sy gesê.

“Prestasies val weg, maar jy wil onthou word vir wie jy is. Ek hoop ek word onthou omdat ek mense vreugde gebring het.”

Lees ook: Swemkampioen Tatjana Schoenmaker en Joel Smith hak die knoop in Robertson deur

Smith het in 2020 by Tokio die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword om ‘n Olimpiese goue medalje in swem sedert 1996 te wen.

Smith se impak op Suid-Afrikaanse swem kan nie oorskat word nie. Sy het meer as die helfte van Suid-Afrika se medaljes – vier uit die sewe – by die laaste twee Olimpiese Spele in Parys en Tokio gewen.

“Swem is net ’n seisoen in my lewe. Daar is soveel meer as swem en ek is opgewonde om die lewe te leef,” het sy gesê.
Sy het erken dat sy ‘n begeerte het om terug te gee aan sport in Suid-Afrika, moontlik in ‘n rol wat atlete verteenwoordig.
Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.