kategorieë: TrendsMode

Tartan: 3 maniere vir ’n informele voorkoms

Deur Zané Wegner. Hooffoto: Witchery

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Broek

’n Geruite broek (R499; Woolworths) met ’n hoë snit skep die illusie van ’n slanker middel. Dra jou broek by enige klassieke hemp (R350 op uitverkoping; Poetry) om steeds die fokus op die tartandruk te hou. Denim kan vinnig ’n uitrusting meer gemaklik laat lyk – ’n baadjie met ’n korter snit (R599 van Cotton On; Superbalist) help ook om steeds die middel te beklemtoon en ’n uurglasfiguur te skep. Rond jou uitrusting af met swart enkelstewels (R450; Woolworths)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Baadjie

’n Baadjie met die tartandruk (R599 Style Republic; Spree) is seker een van die grootste trends hierdie seisoen – dit kan maklik informeel gedra word, maar dit bly steeds netjies. ’n Denim in ’n klassieke snit (R999; Levi’s) met ’n paar tekkies (R499; Old Khaki) skep balans teen die gestruktureerde baadjie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: 8 wenke vir daardie perfekte denimpaar

Bloes

Speel rond met die tartandruk en kies ’n patroon wat ander kleure insluit – soos pienk in hierdie geval. Die hemp (R250 op uitverkoping;Woolworths) is ’n stapelitem, maar met valle om die moue en ’n tikkie kleur gee dit ’n prettige voorkoms. Kies ’n effekleurbroek (R529; H&M) om steeds die tartandruk te beklemtoon, maar eksperimenteer met verskillende style soos ’n wyer pyp wat volume skep en elegant lyk. Daarmee saam kan ’n mooi blokhakskoen (R169,99; Mr Price) ’n afgeronde uitrusting waarborg wat beide by die kantoor en by jou koffie-afspraak die koppe sal laat draai.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

5 hours Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

6 hours Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

6 hours Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

6 hours Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

7 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

11 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.