Tapenade is ’n ryk, sagte Mediterreense olyfpasta gemaak van olywe, kappertjiesaad, ansjovisfilette, mosterd, basiliekruid en pietersielie. Daar is deesdae ’n verskeidenheid tapenades op die mark, want hulle word van verskillende soorte olywe gemaak en gebruik ’n variasie van die klassieke bestanddele.
Blitsidees Verdun olyftapenade met ’n bietjie olyfolie en roer deur gaar pasta. Voeg geroosterde kersietamaties, soetrissies, roketblare en dennepitte by. Vir ’n vinnige kors: Meng tapenade met broodkrummels, gekapte pietersielie, smeer oor witvisfilette en rooster in die oond.