Alles genoeg vir 6
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Gebruik ’n skoon voedselverwerker en meng 4 eiergele, 60 ml (¼ k) suurlemoensap, 10 ml (2 t) mosterd, 10 ml (2 t) suiker, 5 ml (1 t) sout, 2 fyn gekapte knoffelhuisies en 15 ml (1 e) gerookte paprika tot liggeel. Gooi 500 ml (2 k) sonneblomolie stadig en in ’n dun straaltjie by terwyl die verwerker loop. Die sous sal dik en romerig word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Verf 12 snye plaasbrood of ciabatta met 60 ml (¼ k) olyfolie en rooster vir 1-2 min. aan elke kant op ’n warm riffelpan tot goudbruin. Smeer die warm brood met die gesnyde kant van 2 knoffelhuisies en dan die gesnyde kante van 6 middeldeurgesnyde tamaties sodat die sap in die brood intrek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Braai 500 ml (2 k) heel, geskilde amandels in 45 ml (3 e) olyfolie. Voeg 30 ml (2 e) vars tiemieblaartjies en 5 ml (1 t) gekapte knoffel by en roer deur. Geur en sit warm voor.
• Meng 80 ml (1⁄3 k) brandewyn en 750 ml (3 k) droë witwyn in ’n groot mengbak.
• Voeg 1 perske, 1 nektarien, 1 pruim en 16 vars kersies by en verkoel vir ’n paar uur.
• Voeg net voor die gaste kom 1 liter gemmerlim en baie gekapte ys by.
Probeer ook: Seekos-tapas
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.