Tapas uitpakslaai
Serves: 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Hoemoessous
- 125 ml (½ k) hoemoes
- 125 ml (½ k) Bulgaarse jogurt
- ’n hand vol gekapte kruisementblare, plus ekstra
- Geroosterde eiervrug
- 4 eiervrugte, in die lengte in 1 cm-skywe gesny
- sout
- olyfolie, om mee te verf
- Gemarineerde artisjokke
- 1 kg artisjokke, harde blare en stingel verwyder en middeldeur gesny
- 1 stingelui, fyn gekap
- 30 ml (2 e) Dijon-mosterd
- 125 ml (½ k) witwynasyn
- 250 ml (1 k) olyfolie
- 15 ml (1 e) fyn gekapte tiemie
- Maldonsout en gemaalde swartpeper
- 1 x 400 g-blik canneliniboontjies, gedreineer
- ’n hand vol Italiaanse pietersielie, gekap
- skil van 1 suurlemoen
- 1 knoffelhuisie, fyn gekap
- sout en gemaalde swartpeper
- rooi ui, dun gesny
- 50 g parmesaan, met ’n groenteskiller gesny
Instructions
- Hoemoessous: Meng die hoemoes, jogurt en gekapte kruisementblare. Hou eenkant.
- Eiervrugte: Strooi sout oor die eiervrugskywe en laat staan vir sowat 20 min. of tot daar vloeistof begin uitloop. Spoel af onder koue water. Verf met olie en rooster vir 3 min. aan albei kante oor die kole of onder die oondrooster.
- Artisjokke: Maak ’n groot bak vol koue water en druk die suurlemoen se sap daarin. Hou eenkant. Haal die middelste, harige gedeelte van die artisjok uit en sit die artisjokke in die suurlemoenwater. Verhit ’n groot kastrol vol water tot kookpunt. Dreineer die artisjokke en sit in die kokende water. Verlaag die temperatuur na matig en prut vir 5-7 min. tot hulle sag is, maar nog hul vorm behou. Haal uit die kookwater en hou eenkant. Meng die salot, mosterd en asyn in ’n middelslagbak. Gooi die olie stadig by terwyl jy roer. Gooi die tiemie by en geur na smaak. Marineer die artisjokke vir 20 min. hierin of tot benodig.
- Cannelini-boontjies: Meng die pietersielie, suurlemoenskil en knoffel versigtig deur die bone. Geur na smaak.
Rooi Rose
Lees Meer
Skuinskoek
28/03/2025
Geurige groente-lasagne in ’n pan
28/03/2025
Vinnige Peppermint Crisp-tert
28/03/2025