• 200 g 70% donkersjokolade, gekap en gesmelt (op die ontvriesstelling vir 1-2 min.)
• 1 x 375 g-blikkie karamel
• 60 ml (¼ k) botter vir bak
LEES OOK: Pannekoek met karamellemoene en gesoute karamelsous
Instructions
Meng die koekmeel, bakpoeier en sout. Klits die eier en melk goed saam. Voeg die botter en lemoenskil by.
Voeg die eiermengsel by die droë bestanddele en klits tot glad. Laat die beslag vir 30 min. rus.
Verhit die bessies in ’n middelslagkastrol oor matige hitte. Bring tot kookpunt en roer deurentyd. Verlaag die temperatuur en prut vir 5 min. Trek van die hitte af en laat heeltemal afkoel.
Meng die gesmelte donkersjokolade en karamel in ’n groot mengbak. Hou eenkant.
Smeer 4 van die snye van die brood met die karamelmengsel, gevolg deur skeppies van die bessies. Sit die res van die snye brood daarop om toebroodjies te vorm.
Verhit die botter in ’n kleefwerende pan oor matige hitte.
Dompel die toebroodjies in die pannekoekbeslag. Bak vir 2-3 min. aan elke kant of tot goudkleurig.